Senwes Scenario Junie/Julie 2018 | Page 32

NUUS Nampo feesgangers stap verby die Hinterland stalletjie. Senwes Equipment Senwes @ Nampo Oesdag 2018  Deur Marlon Abrahams Hoofredakteur V anjaar se Nampo Oesdagfees het weereens nog ’n rekord- bywoningsyfer behaal met Graan SA wat bevestig het dat 82 817 besoekers vanjaar se uitgawe bygewoon het, wat verlede jaar se rekord van 78 648 oortref het. Die Senwes Grainlink stalletjie was weer baie gewild en baie besoekers het ’n virtuele realiteitsbesoek aan een van ons silo’s onderneem. Die Senwes Grainlink Grainlink-stalletjie 30 SENWES SCENARIO | WINTER 2018 span wat die stalletjie beman het, het baie belangstelling en navrae gerapporteer. Die span was byderhand om vrae oor graanbemarking en silo-opberging te beantwoord. Die Senwes Equipment span was ook bly om gesonde belangstelling en verskeie verkoopsleidrade by die John Deer stalletjie te rapporteer wat, volgens my mening, weereens by verre die mees indrukwekkende stalletjie by Nampo was. Senwes se kleinhandelsvennoot, Hinterland, het ’n stalletjie gehad met drie komponente, naamlik wapens en ammu- nisie, algemene kleinhandelsgoedere en Die Nasie in Gesprek televisie-ateljee by Nampo 2018. Hinterland Fuels en dieregesondheid. Die wapens en ammunisieafdeling was ’n byenes van bedrywighede en goeie verkope is gedoen. Dieselfde kan gesê word van die algemene kleinhandelsaf- deling. Hinterland Fuels was immergewild met sy twee F1 Grand Prix motorwedrenna- bootsers. Besoekers kon meeding vir ’n reis na die Abu Dhabi Grand Prix deur die vinnigste rondte op die nabootser af te lê. Die kompetisie was vir bestaande Hinterland rekeninghouers met gemid- delde brandstofaankope van R1 500. Die wenner sal in Oktober aangekondig word. Marlene Momberg, Hinterland Openbare Betrekkingebeampte en Koödineerder, sê: “Ons was baie besig en die kompetisie het baie klante gelok. Die wapenafdeling was ook baie besig aangesien slegs ’n paar takke wapens verkoop. Nampo het die geleentheid aan klante gebied om verskeie soorte wapens te besigtig wat nie by al die Hinterland takke beskikbaar is nie en het kundige advies van die Hinterland assistente ont- vang.”