Senwes Scenario Junie/Julie 2018 | Page 27

LANDBOUKUNDIG

Varkboerdery

Alles gaan oor kilogramme wen

“ Moenie jou soos ’ n vark gedra ,” dink ek soos ek my telkemale vir biosekuriteitsredes skoon was juis om die varke se gebied te betree . Dit kan nie verder van die waarheid wees nie . Ons het ’ n draai by CP en Gerda Kriek by Taaibosch Varkboerdery in Gauteng gemaak om meer oor dié bedryf te wete te kom .
� Deur Aubrey Kruger
CP EN GERDA ’ n Beer en ’ n sog is in beheer , net soos die naambordjies by die badkamers aandui . CP en Gerda is beide bedryfsingenieurs met Gerda wat hier grootgeword het en CP in Reitz . Hulle het die varkbedryf in 2012 betree en wat drie maande sou duur , is nou al 6 jaar .
Maar waar begin ’ n mens ? “ Identifiseer en verbeter sterkpunte .” Dit was genetika , mark en personeellede , en natuurlik “ met boerdery in jou bloed .”
DIEREGESONDHEID “ Ons boerdery handel slegs met diere en produksie is direk gekoppel aan gesondheid .” Voorkoming is baie beter as behandeling en hulle gebruik bestuursmiddele om gesondheid te verbeter deur byvoorbeeld speenvarkies van een oorsprong bymekaar te hou .
“ Deur na effektiewe gebruik van medikasie te kyk , kyk jy juis na die gesondheid van jou kudde .” Die vermindering in koste was ’ n voordeel , terwyl hulle waarsku : “ Onthou , die varkbedryf is uitsetgedrewe . Jy kyk nie waar jy kan spaar nie , maar waar jy kilogramme kan wen .”
BESIGHEID EN PERSONEEL By Taaibosch is 90 personeellede omdat dit ’ n arbeidsintensiewe boerdery is . ’ n Nuwe 2 000 sogeenheid het eintlik 24 personeellede nodig , waar hulle 900 varke ’ n week lewer .
TWEE TEORIEË Hulle glo in twee teorieë , die gebreekte ruit-beginsel en die teorie van beperkings .
Die eerste - as iets breek , herstel dit en hou aan daarmee . Kwaliteitsprogramme bied gesondheid , biosekuriteit en welsyn . Die tweede - deurset word deur beperkings bepaal . Hier is een doelwit - kilogram me geproduseer per sog .
Dit terwyl die omgewing , dier en mens in ag geneem word . Die intensiewe aard moet oorweeg word – CP sê : “ Ons het ’ n produksiebesigheid met ’ n lewendige produk .”
WINS ? Lae marges en hoë volumes ! “ Jy moet ordentlik ingaan ,” maan CP . Die belangrikste is hokke waar hy ’ n sogeenheid van minstens 200 aanbeveel . “ Indien jy klein begin , inkorporeer ’ n nismark . Hier is ’ n gaping .”
Die kapitaalinset is R50 000 tot R75 000 per sog , afhangend van die outomatise ring en die lewensduur van hokke is 20 jaar .
PRYSE ONDER DIE LOEP Varkvleispryse het in 2017 tot R28 / kg herstel . Tans is die prys by tye R16 / kg en ’ n produksiekoste van tot R21 , skets die volle prentjie .
DIE FASES IN VARKBOERDERY Varke het ’ n 10-maande skedule en begin met die dekproses , kunsmatige inseminasie wat skoner en ononderhandelbaar is . Dan is die sog vir 16 weke dragtig , vir vier weke is al haar 12 varkies by haar op hok , die eerste week daarna word sy weer gedek met die speenproses van tot 10 weke wat volg .
VARKVLEISVERBRUIK Suid-Afrikaners se verbruik is onder 5 kg
27
SENWES SCENARIO | WINTER 2018 25