Senwes Scenario Junie/Julie 2018 | Page 16

LANDBOUKUNDIG

Hoe gesond is jou grond ?

� Deur Kefiloe Manthata

Senwes grondtegnoloog Almero Olwagen het ' n voorlegging gemaak oor grondgesondheid tydens ' n boeredag vir ontwikkelende boer wat onlangs deur Senwes aangebied is . Die doel van die geleentheid was om leiding en praktiese advies te verskaf oor hoe die boere hul besighede kan versterk en die sukses van hul plase kan verseker . Sprekers , saam met Olwagen , het inligting verskaf oor verskeie elemente van mielieboerdery en aangedui hoe verskillende kultivars op verskillende klimaats- , seisoens- en grondtoestande reageer .

Olwagen het ' n demonstrasie gedoen oor die belangrikheid van grondinspeksies en -voorbereiding voordat gewasse geplant word . Grondgesondheid is uiters noodsaaklik vir effektiewe plantpraktyke en die neem van grondmonsters is ' n noodsaaklike stap in die plantproses . Boere wat nalaat om dit te doen is dikwels spyt wanneer die oeste nie groei soos dit behoort te groei nie , aangesien dit in grond geplant is met onvoldoende voedingstowwe of grond wat nie geskik is nie . In landbou verwys ' n grondtoets gewoonlik na die analise van ' n grondmonster om die voe dingsinhoud , samestelling en ander kenmerke soos die suur heids- of pH-vlakke te bepaal . Grondmonsters bepaal vrugbaarheid en die verwagte groeipotensiaal van die grond , en dui voedingstekorte en potensiële gifstowwe aan . Olwagen het geïllustreer hoe Senwes hierdie toetse uitvoer . Hy het ' n gat in die grond geboor en in detail verduidelik hoe die verskillende grondlae die aanplanting en uiteindelik die groei van die graan beïnvloed . Skakel by Senwes Landboudienste by 018 464 7800 om u te help met ingeligte aanplantingskeuses en om jou plaas se potensiaal te optimaliseer .
14
SENWES SCENARIO | WINTER 2018