Senwes Scenario Junie/Julie 2018 | Page 13

INNOVASIE Presisie Veeboerdery lig die boer in van die huidige status van die diere en hulle omgewing en stel hom in staat om vinnige besluite, gebaseer op feite, te neem oor wysigings wat aangebring moet word ten opsigte van die behoeftes, gesondheid en gedrag van vee. Moderne tegnologie maak dit moontlik vir boere om toegang te verkry tot ver- skillende tegnologieë wat hulle in staat sal stel om die produksieprestasie op die plaas noukeurig te volg. PRAKTIESE VOORBEELD Vox Animal Tracker (www.vox.co.za) is 'n kragtige vee-opsorings- en moniteringstel- sel. Die welstand en ligging van vee kan vanaf jou slimfoon, tablet of skootrekenaar bestuur word. Die volgende belangrike funksies is beskikbaar: ➊ VERSKAF GPS-LIGGINGS Voorkom veeverliese deur deurentyd van hul ligging bewus te wees. Dit stel jou in staat om tendens-analise te doen en herhalingsgedrag te monitor. ➋ STEL GEOGRENSE Die stelsel stel jou in staat om jou eie geogrense te stel of te definieer - byvoorbeeld rondom die kamp. Geogrense sal jou in kennis stel wanneer vee buite die gedefineerde grense beweeg. ➌ AKTIWITEITSMONITOR Die nekband kan die dier se bewe- gingsgedrag gedurende die dag en nag aandui en jou in staat stel wan- neer hulle siek of beseer is. Verskeie afstande, soos afstande afgelê in 24 uur, ensovoorts, kan gemonitor word. ➍ TEMPERATUURBEHEER Die stelsel monitor die dier se tem- peratuur teen sekere gestelde perke. BESIGHEIDSVOORDELE Vox Animal Tracker is 'n volledig geïn- tegreerde platform wat waarde kan toevoeg tot die besigheid van die vee- boer deur: • Besparings ten opsigte van bedryfs­ koste (soos omheinings-inspeksies) • Verminder veeverliese • Verhoog vrugbaarheidskoerse Vir meer inligting, kontak Senwes Landboudienste ([email protected]) of Vox telekom by [email protected]) Verwysings Animal Frontiers, Volume 7, Uitgawe 1, 1 Januarie 2017, Bladsye 12 17,https://doi.org/10.2527/af.2017.0103 Gepubliseer: 01 Januarie 2017. SENWES SCENARIO | WINTER 2018 11