INNOVASIE
Spreek veeprobleme aan deur
presisie-oplossings
Die uitdagings wat veeboere daagliks in die gesig staar maak dit noodsaaklik om
moderne tegnologie te gebruik wat hulle in staat stel om produksieprestasie te volg.
Deur Martin van Zyl
V
eeboere in Suid-Afrika staar
deesdae groot uitdagings in die
gesig. Hierdie uitdagings sluit
die volgende in:
➊ Verhoging van produksie: oor die vol-
gende 15 jaar, sal die wêreldvraag na
vleis na verwagting met 40% verhoog
as gevolg van die groeiende aantal
mense wat hoëproteïen-eetgewoontes
begin aankweek. Volgens die VN se
Food and Agriculture Organisation
(FAO), sal tegnologiese oplossings in
10
SENWES SCENARIO | WINTER 2018
landbou- en veeproduksiestelsels 'n
sleutelrol daarin speel om hierdie uit-
daging aan te spreek en om voldoende
voedsel vir 'n verwagte bevolking van
9,7 biljoen teen 2050 te produseer.
➋ Die bevordering van volhoubaarheid
en dierewelstand: tydens die verho
ging van produksie, is dit belangrik
om maniere te vind waarop die omge-
wingsimpak van veeboerdery vermin-
der word en om hoë welstands- en
gesondheidsvlakke van vee te verse-
ker.
➌ Verligting van die boer se werkslas
en versekering van die ekonomiese
lewensvatbaarheid van boerdery
praktyke: dit sal belangrik wees om
oplossings te vind wat boere in staat
sal stel om 'n groot aantal vee op 'n
behoorlike en winsgewende wyse te
bestuur.
Ten einde hierdie uitdagings aan te
spreek, behoort boere die implementering
van Presisie Veeboerdery te oorweeg.
Die doel van Presisie Veeboerdery
(PVB) is om diere op 'n deurlopende,
intydse (24/7) en ten volle geoutomati-
seerde wyse te monitor en te bestuur.