Senwes Scenario Junie/Julie 2018 | Page 10

Bewaring

LANDBOUKUNDIG

Maak seker jy voer topgehalte kuilvoer

Inkuiling is ’ n sleutelproses in die bewaring van voer en gewasse , en maak voorsiening vir kostedoeltreffende dierevoeding . ’ n Korrekte kuilvoerproses is noodsaaklik vir maksimum voedingswaarde en speel ook ’ n sleutelrol in goeie diereproduksie en -gesondheid .
� Deur dr Vesna Jenkins Produkbestuurder : Biomin Oostenryk

” is hier die sleutelwoord . ’ n Suboptimale inkuilingsproses beïnvloed alte dikwels die voedingswaarde van kuilvoer weens die verlies van waardevolle energie en proteïen . Opgeleide Biomin-personeel kan jou egter help met jou kuilvoerbesluite en om jou einddoel van topgehalte kuilvoer te bereik . ’ n Belangrike deel van hierdie proses is om te verseker dat die regte bakterieë die fermentasieproses aanhelp . ’ n Hoë gehalte kuilvoerinokulant met die regte mengsel van homo- en heterofermentatiewe bakterieë , help om te verseker dat kuilvoergehalte nie aan die toeval oorgelaat word nie .
AËROBIESE STABILITEIT Homofermentatiewe bakterieë ( melksuurproduseerders ) moet ’ n geselekteerde stam wees ten einde te verseker dat die daling in pH so vinnig as moontlik plaasvind om die vestiging van ongewenste bakterieë te voorkom . Heterofermentatiewe bakterieë moet weer ’ n balans van melksuur en asynsuur produseer om te help om die lae pH te handhaaf , asook om teen die groei van ongewenste giste en muf te beskerm en goeie aërobiese stabiliteit te verseker .
Die regte bakterieë help om fermentasie in die regte rigting te stuur en dit voorkom dat ander mikrobes die ingekuilde voer van waardevolle proteïen- en energiebronne beroof . Maar nogtans kan selfs die beste groepering van bakterieë nie die basiese grondbeginsels van ‘ n korrekte kuilvoermaakproses vervang nie . Biomin bied ’ n volledige kuilvoerbestuursprogram wat al die aspekte van kuilvoerbestuur dek . Om probleme met aërobiese stabiliteit te help diagnoseer , gebruik Biomin infrarooi termiese kameras om die hele kuilvoeroppervlak visueel te ondersoek , terwyl termometerstawe ingespan word om die kuilvoer ten minste 20 cm diep in die kuilvoergesig te penetreer en te ondersoek ( Borreanni , 2010 ).
DEEGLIKE MONSTERNEMING ’ n Professionele kuilvoerboor help met goeie en verteenwoordigende monsterneming wanneer analises gedoen moet word . Die laboratoriumresultate kan met Biomin se tegniese ondersteuning verwerk word . Die kuilvoer se pH kan natuurlik op die plek getoets word . Die belangrikste en mees wenslike produk van fermentasie , is melksuur . Dit is so te sê reukloos . Ander reuke kan aanduiders van probleme in die fermentasieproses wees . Vir hierdie rede het die tegniese span voorbeelde van die natuurlike chemikalieë wat baie van die reuke veroorsaak . Dit help om dominante reuke tydig te identifiseer . Bottersuur veroorsaak ’ n skerp reuk wat smaaklikheid kan verminder en ’ n aanduider van Clostridia-bakterieë is . Laasgenoemde kan voerproteïen verswak en negatief op dieregesondheid inwerk . Aan die ander kant kan ’ n oorproduksie van asynsuur (’ n asynreuk ) of die reuk van alkohol ( die gevolg van gisgroei ) op ’ n vermorsing van energievlakke in die kuilvoer dui . ’ n Intense ammoniakreuk dui op proteïen wat afgebreek word en wat weereens die kuilvoer se gehalte in gedrang bring .
DIE VOLVOERRANTSOEN Dit is belangrik om gereedskap beskikbaar te hê om kuilvoer se gehalte by die bunker te toets . Net so is dit belangrik om te verstaan dat kuilvoer ’ n belangrike en integrale deel van die volvoerrantsoen is . Biomin se tegniese personeel is toegerus om volvoerpartikelgrootte met die Penn State Separator-sifkas te toets , asook om die gehalte en vertering van mis met ’ n verteringsanaliseerdersifstelsel na te gaan .
Vir meer inligting , skakel Biomin by 018 468 1455 / 6 of besoek die webtuiste www . biomin . co . za . Verwysings beskikbaar op aanvraag .
8
SENWES SCENARIO | WINTER 2018