Senwes Scenario Junie / Julie 2017 | Page 7

 ••• • • N UUS • •   Fouché Germishuys van Heilbron was die geluk- kige wenner van die weerstasie op die eerste dag van Nampo 2017.  Jan Cronje, die wenner van die weerstasie gedurende dag twee van Nampo 2017. Hope aksie en wenners met Senwes Grainlink by Nampo Oesdag 2017 AS JY NAMPO 2017 BYGEWOON HET, SAL JY SAAMSTEM DAT DIT ‘N UITSTAANDE GELEENT­ HEID WAS WAAR 51 JAAR SE ERVARING IN DIE AANBIEDING VAN DIE GROOTSTE LANDBOU­ SKOU IN SUID-AFRIKA DUIDELIK BEVESTIG IS. MARIETJIE GROBLER W at Senwes betref, was dit geen uitsondering nie en het die Grainlink stalletjie sommer baie aandag getrek. Die grootste trekpleister was die silomodel, wat oud en jonk laat inloer het. Soveel skougangers het erken dat hulle geen idee het hoe graan in ’n silo beland, hoe dit hanteer word en hoe dit weer later uitgelaai word nie. Personeel het die geleentheid gebruik om die basiese graanhanteringsprosse te verduidelik. Aanvullend hiertoe het ’n paar video’s, wat met spesia­ le 3D-toerusting gekyk word, ’n lewensgetroue ervaring verskaf oor hoe dit binne ’n silo lyk en watter prosesse daar plaasvind. Soggens tussen 09:00 en 12:00 is die intydse SAFEX graanmark­ pryse op ’n groot skerm ten­ toongestel en kon besoekers kun­ dige raad van ons graanbemark­ ingsadviseurs verkry. Die Nasie in Gesprek sessies is ook lewendig vanuit ’n ateljee op die terrein ge­beeldsend en kon besoekers dit in die stalletjie volg. Grainlink het vanjaar twee kompetisies gehad waar deelne­ mers op elk van die vier Nampo- dae ’n elektroniese weerstasie ter waarde van R6 000 kon wen, of ’n geskenkbewys ter waarde van R1 000, wat by enige Hinterlandtak spandeer kan word. Om in aanmerking te kon kom vir ‘n weerstasie, moes deelnemers denk­ beeldige graan op ’n gesimuleerde markspeletjie verhandel en aan die einde van ’n dag is die beste “han­ delaar” rekenaarmatig aangewys. Vir die geskenkbewys moes deel­ nemers die nuwe Grainlink App op hul fone aflaai, die maklike daaglikse kompetisievraag beant­ woord en sorg dat hul inskry­ wingsvorms in die spesiale houer in die stalletjie geplaas word. Klokslag om drie uur is die wen­ ners aangekondig en is daar met oorgawe verduidelik hoe dié prys ten volle benut kon word. Daar was ook die geval, op die finale dag, waar die wenner van die weerstasie ook die gelukkige wen­ ner van die geskenkbewys was. Lourens van Eden, die wenner van die weerstasie gedurende dag drie van Nampo 2017. Rikus van Rooyen van Heilbron was die gelukkige wenner van beide die geskenk- bewys en die weerstasie op die finale dag van Nampo 2017. Welbekende nuusanker, Jeremy Maggs, geniet die 360 silo-ervaring by die Senwes Grainlink stalletjie gedurende Nampo 2017. SENWES Scenario • JUN/JUL 2017 5