•••• RUBR I E K
Jy’s geroep.
Al dink jy nie so nie
MILANIE VOSLOO
“ROEPING” KLINK BAIE “KERKERIG”. EN NIE
ALMAL KAN OF WIL PREDIKANTE OF SENDE
LINGE WEES NIE. BOONOP SUKKEL ONS OM
ELKE DAG DEUR AL DIE HOOI OP ONS VURK
TE WORSTEL EN HET ONS REGTIG NIE TYD VIR
NÓG ’N VERPLIGTING NIE.
D
ie waarheid is dat elkeen van ons wel geroepe is om
iets spesiaal te doen en hierdie roeping hou meestal
direk verband met die gawes wat reeds aan ons gegee is. Soos
John C Maxwell sê: People’s purpose in life is always connected
to their giftedness.
Die vraag is dus nie óf jy geroep is nie, maar wat jou roeping
is. Almal wat in die landbouwêreld geplant is, maak op een of
ander manier ’n verskil aan voedselvoorsiening. Iewers gee jy
kos aan iemand... iewers skep en gee jy lewe! Wat ’n voorreg!
Jy maak indirek ’n verskil aan léwe.
Maar jy is verseker ook nie sommer net geplant op die plek
waar jy nou is nie. Jy is in jou besondere situasie en omge
wing omdat jy deur jóú menswees ander se lewens ánders kan
maak. Jy mag ’n baie spesiale gawe hê om met mense te werk,
om nuwe hoop te bring deur jou kreatiwiteit, of om deur jou
wysheid nuwe moontlikhede oop te sluit. Jy is dalk iemand
wat deur jou voorbeeld mense tot ander insigte bring. Mis
kien kan jy deur ’n sagte woord aan iemand weer moed gee
vir môre. Of... dalk is jy die een wat deur jou gewone lewe
en die manier hoe jy mense hanteer, vir die mense met wie
jy elke dag te doen kry, kan vertel wie God is. Meer nog: hóé
Hy is. Hoe vergewensgesind, liefdevol en goed Hy is.
Wat dink jy is jou roeping? En hoe kan jy dit wat jy is, wie
jy is, so leef dat ander na jou sal kyk en dink, “Ek wil ook so
wees, want hy/sy het “iets” wat ek nie het nie.
Elke kind van God is deur Hom geroep om iets van Hom te
wees. Waarvoor dink jy is jy geroep?
Here, dankie dat U deur mý – gebroke mens – lewens kan raak.
Ek wil naby aan U hart bly sodat ek hom kan hoor klop; kan
hoor wanneer U vir my sê: “Volg My.” En dan Here, help my om
dan “ja” te sê op U roepstem.
56
JUN/JUL 2017 • SENWES Scenario
Wen
HOOP WAT KAALVOET LOOP
Soms druk die lewe... soos
’n paar ongemaklike skoene
aan die einde van ’n lang
dag. Dis dán wanneer jy kan
tuiskom by God; wanneer jy jou hart se skoene
kan uitskop en jou gestroopte menswees met
Hom kan deel. En dis in daardie veilige ruimte
by Hom waar jy sal ervaar hoe Hy die donker in
jou verdryf en aan jou nuwe hoop gee.
Hoop wat kaalvoet loop se 101 dagstukkies is
propvol hoop en inspirasie. Milanie Vosloo wys
jou hoe jy – ten spyte van baie dinge – kan
bly dans oor die lewe en bly hoop. Hoe jy –
ondanks alles – kan blý vertrou omdat jy ’n
Vader het wat jou stewig vashou. Wat jou met
arms vol genadeseën wil toevou.
Die oordenkings in dié dagboek is geneem uit
Milanie se topverkoper-boeke Sielskos vir die
vrou wat lééf! en Laat Sy liefde jou lei. Die dag
boek word afgerond met teksverse vir spesifieke
behoeftes en plek vir notas agterin.
Die boek is in Augustus 2016 uitgereik en is
teen R179.95 op die rakke. Milanie Vosloo is
’n topverkoper-outeur wat deur haar boeke al
duisende vroue se lewens verander het. Met haar
eerlike manier kry sy dit reg om die hart en siel
van haar lesers te raak, hulle te inspireer en aan
hulle hoop te bring. Jy sal vind dat Milanie se
woorde jou hart raak omdat sy met opregtheid
en wysheid haar lewensondervinding as sukses
volle sakevrou, skrywer, ma en vriendin met jou
deel.
Wen met Senwes en Cum Uitgewers. Een
gelukkige leser kan ’n kopie van Hoop wat
kaalvoet loop, 101 dagstukke vol hoop
en inspirasie wat jou siel sal verkwik,
wen. SMS Senwes, Cum, jou naam,
telefoonnommer en e-posadres na 31022
voor 31 Julie 2017.
Standaard sms-tariewe geld en geen werknemers van
Senwes mag deelneem nie. Vir die volledige kompe
tisiereëls, besoek die webtuiste www.senwes.co.za.