Senwes Scenario Junie / Julie 2017 | Page 55

•••••••

Die Opstanding van Jesus Christus

KOS VIR DIE SIEL •••
LEES : Matteus 27:27-44

’ n Transformasie sonder gelyke

Vroeg die Sondagoggend het Maria Magdalena na die graf gegaan . Toe sy daar kom , het sy ’ n ontstellende ontdekking gemaak . Die klip was van die graf weggerol en dit het vir haar net een ding beteken : Hulle het die liggaam van Jesus weggeneem en op ’ n ander plek begrawe . Nadat sy die ontstellende tyding vir die dissipels gebring het , is sy weer terug na die graf . Daar het sy bly staan en huil oor Jesus wat nie net dood was nie , maar ook nou weg was . Min het sy geweet van die radikale verandering wat daardie oggend plaasgevind het . Die deurbreek van die lig het tot haar deurgedring toe Jesus daardie oggend vir haar “ Maria ” genoem het .

Met die opstanding het daar ’ n transformasie plaasgevind , ’ n radikale verandering . Hierdie veranderinge word weerspieël in die verandering van die waarde wat ons aan die Christelike simbole toeken . Die vervloeking wat met die kruis geassosieer is , word die kruis van versoening . Die teken van die hoogste skande word die teken van die grootste eer . Net so ook met die graf . Die plek van dood en ontbinding word die geboorteplek van die ewige lewe .
Die transformasie vind ook by Maria plaas . Die hartseerste van die hartseres word die blyste van die blyes wanneer Jesus Sy identiteit aan haar openbaar . Dieselfde geld vir Thomas wat so verpletter is , wie se hoop so beskaam was deur die kruisiging . Sy blydskap loop op die belydenis uit : My Here en my God .
Jesus se opstanding kom as ’ t ware en deurbreek al die vrese : Die
DS . WILLIE BOTHA
vrees vir die wêreld , die wagte , die vrees dat daar verdere vervolging gaan wees . Die vrees van die kruis , die nag , die graf .
Uiteindelik is die opstanding ook die deurbreek van ons eie vrese . Dit is die grootste transformasie ooit , want dit is die deurbreek van tyd . Tyd het sy greep op die mensdom verloor . In die opstanding van Jesus Christus swig tyd voor ewigheid . Die stadige maar sekere wegslyt van die mens is nie meer vir ons ’ n bedreiging nie , maar ’ n groei na die ewige bestaan by God . Die dood het sy angs verloor en in plaas daarvan om daarvoor bang te wees , is dit iets wat gelowiges na kan uitsien . Dit transformeer nie net ons einde wat ’ n begin geword het nie , maar dit transformeer ook hoe ons elke dag kan lewe . Wanneer ’ n mens vir iets , na iets toe lewe , is daar baie meer sin , baie meer doelgerigtheid en baie meer vreugde in die lewe self .
Die grootsheid van die opstanding is iets wat klaaglik onderspeel word . Dit is die viering van die heerlikheid van God . Dit is die openbaring van die grenslose moontlikhede wat die gans ander God vir ons moontlik maak .
SENWES Scenario • JUN / JUL 2017 53