Senwes Scenario Junie / Julie 2017 | Page 52

•••• T OEK OM SF OK US Beplanning in tye van onsekerheid JENNY MATHEWS Toe hierdie artikel ingehandig moes word, het die verpleging en opvolgende verlies van my dierbare moeder weens ’n uiters aggressiewe leukemie, al my tyd in beslag geneem. My seun, Gavin Mathews, is ’n jong bees- en graanboer in die KZN Middellande en ’n aktiewe mentor in die Graan Suid-Afrika Boerontwikkelingsprogram. Hy het vir my ingestaan en dié maand se artikel vir my geskryf. Ek glo dat julle ’n jong man se perspektief in Toekomsfokus sal geniet! – Jenny. L andbou is vol onsekerhede. Boere word gebombaardeer deur die media met wat verkeerd gaan in die landbousektor en die probleme wat ons in die gesig staar. Hulle moet deurlopend luister na die nimmereindigende 50 GEEN WYSE MAN OF DAPPER MAN LÊ OP DIE SPORE VAN GESKIEDENIS EN WAG VIR DIE TREIN VAN DIE TOEKOMS OM OOR HOM TE RY NIE – EISENHOWER – politieke debat oor aspekte wat hulle direk affekteer, maar waar­ oor hulle baie min beheer het. Boere is ook altyd uitgelewer aan die genade van Moeder Natuur. Daar is die normale uitdagings in die vorm van vloede, droogtes en vernietigende reënvalpatrone of windstorms wat kosbare bogrond uitwis; en dan is daar ook aard­ verwarming, soos gesien kan word in die toenemende klimaatsveran­ deringe. Dit is dikwels werklik ’n uitdaging vir boere om te weet of JUN/JUL 2017 • SENWES Scenario hulle links or regs moet draai. Hoe fokus ’n mens werklik met praat­ jies oor al die onsekerhede en die omvang daarvan in die landbou­ sektor. Hoe dink ’n mens? Hoe BEPLAN ’n mens? Generaal Eisenhower het per geleent­ heid gesê, ‘Ek het nog altyd gesien dat planne nutteloos is; maar beplanning is onontbeerlik’. BEPLANNING is een van die mees belangrike verantwoor­