•••
• •
KO L SK O O T • •
Jagfiks?
JAN-LODEWYK SERFONTEIN
VOOR 'N JAGUITSTAPPIE
GAAN SIT ONS BY 'N
SEMENTTAFEL EN SKIET
OOR 'N SANDSAK.
SODRA JOU GEWEER 'N
PAAR SKOTE NABY AAN
MEKAAR SKIET, IS JY REG
OM TE GAAN JAG, OF
HOE?
I
s dit nie wat meeste van ons
al gedoen het voor ’n jag nie?
As gevolg van verskeie redes kan
ons nie genoeg in die jagveld
uitkom nie. Daarom is die paar
keer per jaar wat jy in die jagveld
is, kosbare tyd. Wil jy regtig jou
tyd gebruik om agter mis skote en
gekweste bokke aan te stap? Is dit
nie beter om meer tyd aan oefe
ning te spandeer wat jou kan help
om ’n goeie skoot te skiet nie?
In Suid-Afrika is daar ’n paar
maniere van jag. In die Bosveld
stap en jag ons meestal. In die
Karoo behoort jy meestal voorsit
jag te doen en in die oop vlaktes
van die Vrystaat behoort ons
meestal van ’n bakkie af te skiet.
’n Beter voorstel vir jou jaguitstap
pievoorbereiding sal wees om te
oefen soos wat jy gaan jag. Skiet
jou geweer in van die bakkie se
dak af. Of gaan sit in jou voor
sitstoel en kyk tot hoe ver kan jy
’n springbok doodskiet. Vat jou
skietstokke en probeer ’n rooi
bok teiken raakskiet. Indien ons
net ons gewere instel soos wat
ons moontlik gaan skiet, sal dit
ons alreeds baie help om die jag
makliker te maak. Kom ons kyk
na ekstra “oefeninge” wat ons kan
doen voor ons gaan jag.
Jagsituasies in die veld: daar is
hoofsaaklik vier posisies waaruit
jy kan skiet. Kom ons kyk na die
posisies en hoe ek die skootplasing
uit die posisie uit kan verbeter.
LÊPOSISIE
Om in die veld te lê en jag is nie
iets wat hom aldag voordoen nie.
Maar indien jy kan lê, is dit die
stewigste posisie om vanuit te
skiet. Maar dit is steeds ’n posisie
wat geoefen moet word. Het jou
geweer ’n tweepoot op wat jy kan
gebruik, of gaan jy net die geweer
band om jou arms draai en op jou
elmboog lê? Belangrik is om te
oefen en te kyk hoe ver jy ’n bok
uit die posisie uit kan raak skiet.
SITPOSISIE
Vir die sit-, kniel- en staanposisie
is dit belangrik om 'n ondersteu
ning te probeer gebruik. Indien
jy ’n stapstok saam met jou dra,
kan jy dit gebruik om die geweer
stil te hou. Indien jy ’n boom
wil gebruik, dink hoe gaan jy die
geweer teen die stam druk. Gaan
jy links of regs verby die stam
mik? Die sitposisie is ook relatief
stabiel, maar is ’n moeilike posisie
om goed te bemeester.
KNIELPOSISIE
Alhoewel ’n gemsbokjag in die
Kalahari sekerlik vanaf die bakkie
sal plaasvind, moet die kniel- en
staanposisie nie as onnodig beskou
word vir gemsbokjag nie. Indien
jy ’n longskoot skiet en die gems
bok wikkel sy agterstewe diep in ’n
bos in, waar die voertuig nie kan
uitkom nie, is daar ongelukkig net
een manier om hom dood te skiet
- afklim, nader stap en 'n skoot te
skiet uit die kniel- of staanposisie.
Het jy 'n stapstok op die bakkie
om jou te help stilstaan met dié
soort van skoot? Of klop jou hart
so vinnig dat die kruishaar oor
die hele bok se kop rondbeweeg?
Weereens moet die knielposisie
geoefen word op die baan voor jy
gaan jag.
STAANPOSISIE
Die posisie wat moontlik die
meeste geruik word in die
Bosveld, is ongelukkig ook die
moeilikste posisie, maar sekerlik
die belangrikste een. Êrens in jou
jagjare gaan dit nodig wees om
’n bok ’n tweede skoot van naby
af te skiet. En vir die skoot het jy
nie tyd om te sit, of ’n boom te
soek vir ondersteuning nie. Gaan
probeer gerus die staanposisie op
die baan. Kyk hoe naby jy aan ’n
teiken moet kom om dit raak te
skiet uit dié posisie uit. Maar dalk
nog meer belangrik, is waar my
geweer gaan skiet op 30m as ek
op 200m ingestel het? Gaan hy
hoog of laag tref? Sal ek hom lank
genoeg kan stilhou om die skoot
af te trek?
Met al die skietoefening is die
idee sekerlik om jou skietvernuf
te verbeter. Maar eerstens sal die
skietoefening ons leer wat ons kan
doen in die jagveld. Hopelik sal
ons dan beter weet of ons ’n spesi
fieke skoot kan skiet, of nie.
SENWES Scenario • JUN/JUL 2017
47