Senwes Scenario Junie / Julie 2017 | Page 46

•••• G RAA N M AR K VO O R U I T S I GT E Mei en Junie 2017 > VERVOLG VAN BLADSY 43 Grafiek 4 dui die prysverloop van die witmielie Julie 2017 kontrak op die JSE aan. Sedert Desember 2016 het die witmielieprys kon­ stant gedaal tot en met einde Maart. Die verswakking van die rand het wel die prys met tye ondersteun die afgelope tyd. Die prys gaan waarskynlik op hierdie vlak bly totdat dit duidelik is dat daar wesenlike hoeveelhede wit­ mielies uitgevoer word. Die rand kan, soos reeds bespreek, ook ’n wesenlike effek op die prys hê. Oliesadekompleks Sonneblom en sojabone Na aanleiding van die derde oes­ skatting van die NOK, bereken die NAMC dat die oordragvoor­ raad van sonneblom oor die 172,000 ton vir die bemarkings­ jaar wees. Die sonneblomoesskat­ ting is aansienlik laer aangepas. Daar is egter uiteenlopende terugvoering uit die veld rakende opbrengste wat realiseer. Die blaarvlek- en sonneblomkopsiektes het die opbrengste baie nadelig beïnvloed. Dit kan hopelik die sonneblomoordragvoorraad op ’n manier kleiner maak en kan pryse hopelik later herstel. Die sonne­ blomprys wat tans realiseer op die JSE is laer as die bereken­de afge­ leide uitvoerpariteit. Omdat son­ neblom gewoonlik dadelik deur die produsente verkoop word, is die sogenaamde stroopdrukte wat ervaar word ook hewiger as in die geval van mielies. Grafiek 4. Die langtermyn Julie-kontrak witmielieprys asook die prysbeweging op Safex. Grafiek 5. Die seisoensprysverloop van die sojaboon spotprys op Safex. 44 JUN/JUL 2017 • SENWES Scenario Grafiek 5 dui die seisoenale prystendens van sojabone aan. Die sojaboonprys daal gewoonlik vanaf middel Januarie en herstel dan gewoonlik vanaf die helfte van Mei. Die daling het vanjaar reeds teen middel Januarie begin en het skerp gedaal. Dit lyk of die prys gestabi­ liseer het. Die NOK dui ’n verwagte oes van 1,233 miljoen ton aan en die NAMC dui ’n berekende oor­ dragvoorraad van 92,000 ton aan. Die sojaboonaanbod is hoër as die vraag en daar sal waarskynlik ongeveer 65,000 ton uitgevoer moet word. Die sojaboonprys verhandel tans ook laer as die bere­ kende uitvoerpariteit. Die verwag­ ting is dat die seisoenale tendens gevolg gaan word. Ook in die geval van die oliesade moet die produsent in voeling bly met sy graanbemar­ kingsadviseur. OPSOMMING EN GEVOLGTREKKING Die prysvlakke van al die somerge­ wasse is tans onder groot druk. Daar is wel groot volatiliteit die afgelope tyd ervaar weens die wis­ selvallige rand/dollar wissel­koers. Die prysvlakke is in baie gevalle onder die berekende produksie­ koste, veral in die geval van mielies. Uitvoere sal eers moet ge­skied voordat die mielieprys enige herstel gaan toon. Die wisselkoers, wat onvoorspelbaar is, kan wel ’n veran­ dering in die prys veroorsaak. Alhoewel daar op hierdie sta­ dium nie wonderwerke bewerkstel­ lig kan word met bemarking nie, moet die produsent in voeling bly met sy graanbemarkingsadviseur. Kyk uit vir geleenthede wanneer daar bemarkingsgeleenthede kan voorkom. Planne kan bedink word om die lae prys tot die beste van die produsent se vermoë uit te bestuur.