•••
• •
G R A A N MA R K V O O R UI T SIGT E • •
Prysdrywers in die plaaslike
graan- en oliesademarkte
Die kaart regs dui
die grondvog
toestande in die
VSA aan. Te veel
reën is tans eerder
’n probleem as te
min reën. Dit as
sulks plaas groot
druk op die Ameri
kaanse mielieprys.
Grafiek 3. Light sweet ru-olieprys/vat (Reuters).
Energiepryse
Soos bekend gebruik die Ameri
kaners ongeveer 35% van hul
totale mielieoes om etanol te pro
duseer. Die verbruik is 44% van
hul plaaslike verbruik. Uitvoere is
dan uitgesluit. Die Internasionale
ru-olieprys het redelik teruggesak,
wat op sy beurt negatief inwerk
op etanolpryse. Teen die huidige
prysvlakke van Amerikaanse mie
lies maak sewe van die grootste
etanolaanlegte in die VSA ’n bruto
marge van tussen $0.24 en $0.43
per skepel. Dit is maar ’n geringe
marge en dit gaan waarskynlik
die mielieprysbeweging redelik
beperk.
Wit- en geelmielieprystendense
op die Suid-Afrikaanse beurs
Met die derde oesskatting van die
Nasionale Oesskattings Komitee
(NOK) vir hierdie seisoen blyk dit
dat die tweede grootste oes in die
Suid-Afrikaanse geskiedenis gaan
realiseer. Die kanse is ook groot
dat die skatting nog hoër aange
pas kan word. Dit bring mee dat
volgens die berekeninge van die
National Agricultural Marketing
Council (NAMC), daar ’n uit
voerbare surplus van ongeveer
1,3 miljoen ton witmielies en
1,2 miljoen ton geelmielies gaan
wees. Om hierdie rede verhandel
die wit- en geelmielieprys tans in
die omgewing van die berekende
uitvoerpariteit. Die verskil tussen
die berekende in- en uitvoerpari
teit kan tot R2 300 per ton wees
afhangend van waar in- en uit
gevoer word.
Die berekende uitvoerpariteit
van witmielies is met die skrywe
van die artikel ongeveer R100 per
ton laer as die JSE kontantprys.
Uitvoere sal waarskynlik nog suk
kel om op dreef te kom, tot tyd
en wyl die JSE prys nader aan die
berekende uitvoerpariteit beweeg.
> VERVOLG OP BLADSY 44
Tabel 1: Die berekende uitvoerpariteite van Suid-Afrikaanse witmielies na Suid-Oos Asië.
Mielie-oorsprong: Randfontein Vragkoste v oordeel
Leweringspunt: Suid-Oos Asië Basis CBT na FOB($/t)
USA-$11
Datum: 10 Mei 2017 Kwaliteit premie:
$22
$5
VSA CBT geelmielieprys ($/bu)
Wisselkoers
R/$
3,40 3,50 3,60 3,70 3,80 4,00 4,20 4,40
12,50 R1 536 R1 585 R1 635 R1 684 R1 733 R1 831 R1 930 R2 028
12,75 R1 579 R1 629 R1 679 R1 729 R1 779 R1 880 R1 980 R2 081
13,00 R1 621 R1 672 R1 724 R1 775 R1 826 R1 928 R2 031 R2 133
13,25 R1 664 R1 716 R1 768 R1 820 R1 873 R1 977 R2 081 R2 186
13,50 R1 706 R1 760 R1 813 R1 866 R1 919 R2 025 R2 132 R2 238
14,00 R1 792 R1 847 R1 902 R1 957 R2 012 R2 122 R2 233 R2 343
14,50 R1 877 R1 934 R1 991 R2 048 R2 105 R2 219 R2 333 R2 448
SENWES Scenario • JUN/JUL 2017
43