Senwes Scenario Junie / Julie 2017 | Page 44

•••• G RAA N M AR K VO O R U I T S I GT E Mei en Junie 2017: Markverwikkelinge THYS GROBBELAAR SENIOR GRAANANALIS, SENWES GRAINLINK Artikel geskryf 12 Mei 2017 DIE DOEL VAN DIE ARTIKEL IS OM ’N BREË MARKOORSIG VAN DIE BELANGRIKSTE GRANE EN OLIESADE TE GEE, AANGESIEN DAAR ’N REDELIKE TYDSVER- LOOP TUSSEN DIE SKRYF VAN DIE ARTIKEL EN DIE PUBLIKASIE DAARVAN IS. Prysdrywers in die graan- en oliesademarkte INTERNASIONALE BEÏNVLOEDINGSFAKTORE Wisselkoersbewegings Die rand/dollar wisselkoers het van die veranderlikes wat op die kommoditeitspryse van Suid- Afrika inwerk, seker die grootste korrelasie. Die politieke verwikke­ linge, veral op finansiële terrein, het die rand/dollar wisselkoers die afgelope tyd wipplank laat ry. Die tendens kan van grafiek 1 afgelei word. Indien die rand een sent teenoor die dollar verswak, kan dit ’n berekende verswakking van R1.41 per ton op die Suid- Afrikaanse witmielieprys beteken. Vir die periode 23 Maart 2017 tot 10 April 2017 het die rand R1.49 teenoor die dollar verswak, wat ’n berekende styging van R210 in die witmielieprys beteken het. Die witmielieprys het in der waarheid met R339 per ton vir die periode gestyg. Die Amerikaanse mielieprys het gedurende die tydperk met 10 sent per skepel gestyg. Hierdie veranderlike het ’n 42 Grafiek 1. Die R/$-wisselkoersbeweging. Grafiek 2. Die langtermyn spotprys (in c/bu) van geelmielies oor 'n seisoen op Chicago Board of Trade teenoor die 2017/18-prys. wesenlike effek op die kommodi­ teitspryse, maar is baie moeilik voorspelbaar. Internasionale kommoditeitspryse Groot oordragvoorrade en relatief gunstige groeitoestande oor die grootste deel van die wêreld, plaas redelike druk op die internasionale pryse van byvoorbeeld mielies, JUN/JUL 2017 • SENWES Scenario koring en sojabone. Grafiek 2 dui die seisoensprysverloop van geel­mielies op die Chicago Termynbeurs aan. Die grafiek dui ’n redelike sywaartse beweging aan. Die Amerikaanse mielieprys het redelik gedaal die afgelope drie seisoene. Die relatiewe lae Amerikaanse geelmielieprys plaas wel druk op die Suid-Afrikaanse wit- en geelmielieprys.