Senwes Scenario Junie / Julie 2017 | Page 42

•••• RUBR I E K Safex Scenario’s met Susari SUSARI GELDENHUYS INLEIDING Suid-Afrikaanse graanpryse is be­kend daarvoor om besonders volatiel te wees weens onsekerheid oor wat die toekoms mag inhou vir die graanmark. Toekomstige voorraadvlakke, invoere, hektare aangeplant en opbrengste is slegs ’n paar van die faktore wat onse­ kerheid (en dus prysvolatiliteit) in die mark veroorsaak het. Die onlangse oorgang van die ou seisoen met lae voorraadvlakke na die nuwe seisoen met meer guns­tige produksieverwagtings, is ’n klinkklare bewys. Hierdie volatiele omstandighede bemoeilik goeie verskansings- en beleggings­ besluite vir alle markdeelnemers. Daar bestaan egter twee algemene hulpmiddels in die vorm van fundamentele analise en tegniese analise, wat sal bydra tot ’n hoër waarskyn­likheid van sukses wan­ neer so ’n besluit oorweeg word. Fundamentele analise en die basis van tegniese analise is reeds in vorige artikels bespreek. Die vorige paar artikels het gefokus op die bepaling van ondersteunings- en weerstandsvlakke. Die onder­ staande artikel gaan spesifiek fokus op die gebruik van Fibonacci- getalle as ’n tegniese indikator. FIBONACCI – AGTERGROND Die unieke getallereeks bekend as Fibonacci is in die dertiende eeu deur die Italiaanse wiskun­ dige, Leonardo Pisano, ontdek. Fibonacci is ’n reeks waar die volgende getal bereken word deur 40 die som van die vorige twee ge­tal­ le. Dus: 1, 1, 2, 3, 5, 8, 13, 21, 34, 55, 89, 144, ens. Pisano het die voorkoms van die getallereeks opgemerk gedurende ’n ondersoek na die verwagte populasie-aanwas van hase. Die unieke getallereeks is daarna deurlopend in die na­­ tuur opgemerk. Van die bekendste voorbeelde sluit in die Nautilus skulp (Figuur 1), saadkoppe (soos die Sonneblom – Figuur 2), die natuurlike spiraal in sterrestelsels (Figuur 2) en orkane (Figuur 2), om slegs ’n paar te noem. Figuur 1. Nautilus Skulp BRON: http://invivomagazin.sk Figuur 2. Fibonacci in die natuur JUN/JUL 2017 • SENWES Scenario FIBONACCI – TEGNIESE ANALISE In die finansiële wêreld is die Fibonacci-getallereeks ook ge­bruik, maar spesifiek in tegniese analise word die getallereeks ge­­ analiseer in terme van persentasies. Die verwantskap word as volg voorgestel: 23.6%, 38.2%, 50% 61.8%, 78.6%, 100%. Hierdie verwantskap kan dienooreen­ komstig, in veral oorwegende opwaart­se of afwaartse tendense, gebruik word om ondersteu­ nings- en/of weerstandsvlakke te identifiseer deur die Fibonacci- persentasies te koppel aan die prysbewegingspersentasies. Fibonacci kan dus op twee verskil­ lende maniere geanaliseer word, naamlik terugtrekkings (retrace­ ments) en projeksies. Indien ’n beduidende hoog en laag bepaal kan word (soos grafies voorgestel deur Grafiek 1), is dit moontlik om verskeie vlakke vir terugtrekkings binne die hoog en laag te bepaal. Grafiek 1 dui op ’n afwaartse tendens (met Punt A en Punt B die hoog en laag onderskeidelik), met terugtrek­ kings (Punt C – Punt E) op die 61.8% Fibonacci-lyn. Let wel dat BRON: http://designschool.canva.com