Senwes Scenario Junie / Julie 2017 | Page 4

••••

Om te wen of te oorkom hoofredakteur Marlon Abrahams Tel : 018 464 7349 marlon . abrahams @ senwes . co . za

DIE OORHOOFSE TEMA IN HIERDIE UITGAWE IS OM TE WEN OF TE OORKOM . NEEM NAMPO OESDAG SE 51STE BESTAANS- JAAR AS VOORBEELD , EN DAARMEE SAAM DIE OORWELDIGENDE SUKSES VAN NASIE IN GESPREK SE VIERDE BESOEK AAN HIERDIE VOORAANSTAAN DE LANDBOUSKOU .

Dit bring my by die woord wen . Wen beteken om suksesvol te wees of te seëvier . By dieper ondersoek na die oorsprong van die woord wen , het ek op ’ n gedeelte afgekom wat die Ou Engelse woord winnan as ’ n voorloper tot wen beskryf . Winnan beteken om ’ n stryd te stry , te strewe na iets of vir iets te veg . Daar is amper nie ’ n beter manier om dit te beskryf nie , want dit is presies wat gebeur gedurende die maande of jare voor die oorweldigende sensasie van oorwinning .

Die eerste opgetekende verwysing na wen soos in seëvier , was in 1300 , terwyl die eerste opgetekende verwysing na wen soos in die moderne sin van oorwinning , in ongeveer 1862 plaasgevind het . Daar was sedertdien baie idiome en frases met die woord wen daarin , soos aanhouer wen , loshande wen , wen sonder speel , goed begin is half gewin , om maar ’ n paar te noem .
In lyn met die tema , fokus ons ook op die nuwe 2017 wenners van die Jongboer van die Jaar kompetisies , met Johan van Huyssteen wat die Vrystaat wenner is en Ro ’ an van Tonder die Noordwes wenner .
Daar is ook ’ n artikel deur Francois Strydom oor hoe om ’ n wenner landboumaatskappy te wees . Ons verwag rekordopbrengste vir die huidige finansiële jaar , wat op sigself ’ n oorwinning is . Die feit dat Senwes die Smart Agri-Risikobestuursfunksie befonds , is nog ’ n oorwinning vir produsente , aangesien hierdie funksie die verhoging van risiko in die landbousektor oor veral die afgelope dekade sal ondersoek .
Geniet hierdie artikels en nog baie meer in hierdie uitgawe , wat beslis ’ n gevoel van oorwinning skep , veral na die afgelope paar droogtejare .
Aubrey Kruger
REDAKTEUR redakteur Aubrey Kruger Tel : 018 464 7449 aubrey . kruger @ senwes . co . za
advertensies Mariëtte Hugo Tel : 018 464 7505 mariette . hugo @ senwes . co . za
ontwerp en uitleg Mercia Venter mercia . venter @ senwes . co . za
medewerkers Ds Carel Botma , Ds Willie Botha , Lucas Coetsee , Carl Fourie , Japie Fransman , Thys Grobbelaar , Jenny Matthews , Susari Geldenhuys , Marietjie Grobler , Jan Serfontein en Milanie Vosloo .
subskripsie Marie Erasmus Tel : 018 464 7568 Faks : 018 464 7772 marie . erasmus @ senwes . co . za
eienaar Senwes , Posbus 31 , Klerksdorp , 2570 Tel : 018 464 7800
drukwerk Typo Tel : 011 402 3468
• Alle regte van die inhoud van Senwes Scenario word voorbehou ingevolge die bepalings van Artikel 12 ( 7 ) van die Wet op Outeursreg .
• Die eienaar en uitgewer aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige uitlatings in advertensies , promosie-artikels of deur medewerkers nie .
2
JUNL / JUL 2017 • SENWES Scenario