Senwes Scenario Junie / Julie 2017 | Page 38

•••• HA N D E LSN U U S Bestuur van ondergrondsuurheid DIE ONDERGRONDSUURHEIDVERSKYNSEL KAN NATUURLIK VOORKOM IN HOË REËNVALGEBIEDE, OF KAN ONTSTAAN DEUR ONOORDEELKUNDIGE OF OORMATIGE STIKSTOFBEMESTING EN DIE VERSUIM OM DIE BOGROND GEREELD TE BEKALK. D aar word toenemend deur adviseurs bevind dat ondergrondsuurheid meer begin voorkom in die laer reënvalgebie­ de, wat gewoonlik gepaard gaan met die praktyk van stikstoftoedie­ ning voor plant. Die plasing van die stikstofbemesting is gewoon­ lik dieper as waar die bekalking plaasvind. Op die gronde waar ondergrondsuurheid waargeneem word, moet die kalk dieper inge­ werk word om die grondsuurheid te neutraliseer, aangesien die neutralisering baie stadig vanaf die bogrond na die ondergrond oorgedra word. Die dieper plasing van kalk is ‘n duur proses wat met gespesialiseerde of aangepaste toe­ rusting gedoen moet word. Hoë koste van die bepaalde aksie en die ongereelde bekalking van die bogrond veroorsaak dat die pro­ bleem van ondergrondsuurheid vererger, wat negatiewe gevolge het op die produksie van die gewasse. Die grondprofiel se diepte word vlakker as gevolg van die chemiese beperking vir die ontwikkeling van plantwortels, wat tot gevolg het dat vog in die ondergrond nie benut kan word nie. Indien dit nie aangespreek word nie kan ernstige nagevolge, soos opbrengsverliese, voorkom. Tabel 1 gee ‘n aandui­ ding van die hoeveelheid suiwer CaCO 3 wat benodig word vir die neutralisering van die suur veroor­ saak per kilogram suiwer stikstof (N) toegedien as kunsmis (Moore, 1998). Jaarliks word stikstof toege­ dien en nie alles wat toegedien word, word deur die gewasse opgeneem nie, wat dan loog deur die grondprofiel. In Tabel 1 kan gesien word wat die neutralise­ ringsbehoefte is en hoeveel kalk Tabel 1: Neutralisasiebehoefte van die versuring van stikstofbevatende kunsmis met CaCO 3 CaCO 3 benodig om stikstof toevoeging te neutraliseer (kg CaCo 3 /kg N) Geen loging CaCO 3 benodig om stikstof toevoeging te neutraliseer (kg CaCO 3 /kg N) 100% geloog Ammonium sulfaat 3.6 7.1 Ammonium nitraat 0 3.6 Ureum 0 3.6 Stikstof-kunsmis DAP 1.8 5.4 Kalium nitraat -3.6** 0 Natrium nitraat -3.6** 0 ** Neutralisering deur die kunsmis self 36 JUN/JUL 2017 • SENWES Scenario benodig word. Kalk wat toegedien word, beweeg baie stadig in die grondprofiel in as dit nie ingewerk word nie. By normale bewerking word kalk in die boonste gedeelte van die grondprofiel ingemeng. Die stadige beweging van die kalk in die profiel is ongeveer 8 to 12 mm per jaar, afhangend van die tekstuur van die grond en indien die bekalkte gedeelte van die pro­ fiel op ’n gunstige pH gehandhaaf word. Die afwaartse beweging of neutralisering vind plaas deur wortelwerking en insek-aksies van byvoorbeeld erdwurms. Indien ’n volgehoue kalkprogram oor jare gevolg word, is dit hoogs waarskynlik dat ondergrondver­ suring nie so radikaal vinnig sal plaasvind soos tans die geval is nie. ’n Aanvaarbare praktyk is om die helfte van die ondergrond se kalkbehoefte ook toe te dien saam met die bogrond se bekalkingsbe­ hoefte. Die bestuurspraktyk moet volgehou word as gevolg van die stadige beweging van die kalk in die grondprofiel. ’n Gips- en kalkkombinasie kan toegedien word om die neu­ tralisering van ondergrondsuurheid te bespoedig indien seskwioksiede teenwoordig is. Die toediening daarvan moet met omsigtigheid geskied omdat daar loging van magnesium en kalium vanuit die bogrond na die ondergrond kan plaasvind in lae kleipersentasie gronde. ’n Veilige verhouding gips en kalk is 20% gips en 80% dolo­ mitiese kalk. Dit is raadsaam om dolomitiese kalk, wat magnesium bevat, met die gips te meng om die loging van magnesium teë te werk.