Senwes Scenario Junie / Julie 2017 | Page 37

HAN DE L S N U U S ••• • • • • Ken jou Certisure Makelaar PAUL ELS AUBREY KRUGER WAT DOEN JY BY CERTISURE? WAT BEHELS JOU TAKE? Ek werk onder agentskap by Certisure en is ver­ antwoordelik vir die instandhouding van die korttermynversekeringsboek in my area (Heilbron, Koppies, Parys, Vredefort, Sasolburg en Gauteng). My primêre taak is die bemarking van korttermyn­ versekering, oesversekering en die inkomstebesker­ mingsproduk. HOE HET JOU LOOPBAAN TOT NOU GEVORDER? Ek het vir agt jaar by Senwes Landbouontwikkeling gewerk en daarna vir 16 jaar geboer. In 2001 het Senwes my genader om korttermyn- en oesverseke­ ring op ’n deeltydse basis te verkoop en ek het intus­ sen het ek ook ‘n agent­skap by Certisure bekom. WAAR IS JY GEBORE EN WAAR HET JY GROOTGEWORD? In Heilbron (Primêre Skool Vegkop en W P Hoërskool gematrikuleer). WAT WAS JOU PLANNE NA SKOOL? Ek wou boer. Na my landboudiploma het ek by Senwes Landbouontwikkeling aangesluit, daarna in 'n vennootskap geboer en toe vir myself geboer. WAT IS DIE BESTE RAAD WAT JY AAN JOU KLIËNTE SAL GEE? Maak seker dat jy die voorwaardes van jou polis na- kom en presies weet wat verseker is. Doen besigheid met ’n makelaar wie se integriteit nie be­twyfel word nie en wat die ekstra myl vir jou sal loop. WAT DOEN JY IN JOU VRYE TYD? STOKPERDJIES? Ek is erg oor jag en is tans besig met restourasiewerk aan my huis. FAMILIE? Ek is deur genade van Bo 38 jaar met Petra getroud en ons het ’n seun, PJ (32) en 'n dogter Welme (25). Ons het ook ’n kleinseun, Jovan (4). Paul se kantoor is by Senwes op Heilbron. Kontak hom of sy kantoordame, Antoinette Els, by 058 852 3042 en 082 806 9371 of e-pos Antoinette.els@ certisure.co.za. SENWES Scenario • JUN/JUL 2017 35