Senwes Scenario Junie / Julie 2017 | Page 33

N UUS ••• • • • • GOSA SIMPOSIUM weereens verrykend EEN MAAL PER JAAR KOM DIE LAND SE GRAANOP- BERGERS BYEEN MET DIE DIE DOEL OM DIE WERK­ VERRIGTING BINNE DIE GRAANHANTERINGSBEDRYF TE BEVORDER. GOSA IS ‘N ONAFHANKLIKE ORGANI­ SASIE WAT JAARLIKS MET HIERDIE GELEENTHEID RELEVANTE INLIGTING NA SY LEDE BRING. V anjaar se sprekers was weer­ eens van uitstaande gehalte en die immer gewilde Dr Roelof Botha het, soos in die verlede, ‘n positiewe perspektief gebring. Hy is van mening dat die ekonomie vanjaar sal groei en dat landbou 1% tot die BBP-groeikoers kan bydra. ‘n Verswakking van die rand word verwag, wat uitvoere sal ondersteun. Suid-Afrika het sedert 2012 ’n netto uitvoerder van voedsel geword, droogtes ten spyt. Hy het genoem dat daar ’n massa intelli­gensie binne die regering bestaan en dat grondhervorming soos dit tans gepropageer word, nie sal plaasvind nie. Vier jaar gelede het Brett Archibald bewusteloos van ‘n boot af geval in die Indiese Oseaan. Die bemanning was onbewus van die tragedie en hy het 29 uitda­ gende ure in die oseaan deurge­ bring voordat hy gered is. Die gebeurtenis het wêreldwyd opslae gemaak en dit was uiteindelik die gebede en geloof van sy familie en vriende wat hom deurgedra het. Sy boodskap was ’n inspirasie vir elke individu en organisasie wat onstuimige tye tegemoet gaan. Japie Snyman is ’n handelaar by Seaboard Overseas Trading > VERVOLG OP BLADSY 32 31