HA N D E L SN UUS
•••
•••
• •
• •
WERKSWINKELBESTUURDER: KOPPIES
Corné Coetzee
’n man van aksie
VISVANG MAG HOM
DALK NA KOPPIES
GELOK HET, MAAR DIT IS
DIE SENWES WERKSWIN-
KEL WAT HOM HIER BY
KOPPIES GEVESTIG HOU.
AUBREY KRUGER
S
enwes se werkswinkelbestuur
der by Koppies, Corné
Coetzee, is nou skaars ’n jaar in
die pos en hy maak klaar ’n verskil
hier.
Corné se doelwit is om die tak
weer terug te bring na sy voorma
lige glorie van ’n paar jaar gelede.
Sy mikpunt is om die werkswinkel
so te verbeter dat dit weer op 'n
vlak moet kom waar daar talle
trekkertegnici in die veld is.
PRODUSENTE
Hy is ’n man van aksie en het
eerstens met die produsente in die
Koppies en Heilbron omgewing
begin gesels om te hoor waar hy
hulle van diens kan wees. Dan
hou hy ook sy vinger op die pols
wanneer hy saam met sy span die
produsente besoek, om sodoende
eerstehands te ervaar wat hulle
impak in die veld is.
Met ’n hele paar mededingers
in die dorp is een van Corné se
doelwitte spoedige en deeglike
diens op ’n deurlopende basis te
verskaf en die mededingers so
uit te oorlê. Dan vertel hy dat
nuwe trekkerverkope ook die
werkswinkel baie positief bystaan
met waarborge, ensovoorts, en die
verkoops- en dienspersoneel lewer
uitstekende diens in Koppies.
SY SPAN
Volgens Corné het hy ook ’n
ongelooflike span, met Daan
Hattingh en Wikus Gomes as
trekkertegnici, Samuel Mkwananzi
en Elias Sobea as assistente en
vakleerling Victor Mthokwane.
Hy glo in sy span en lei hulle deur
ferm te wees en almal oor dieself
de kam te skeer. “Ek verwag net
elkeen se heel beste. Dit is goed
genoeg vir my,” sê Corné.
ONDERVINDING
Dié werkswinkelbestuurder het
ook ’n magdom ervaring in
die bedryf, aangesien hy eers
’n motorwerktuigkundige by
Toyota was. Hy het selfs sy vak
leerlingskap daar gedoen en was
vanaf 2006 tot 2011 daar werk
saam. Van 2011 tot 2014 was
hy ’n motorwerktuigkundige by
Vo lkswagen, voor hy in Oktober
2014 by Senwes aangesluit het en
vir die afgelope jaar die werkswin
kelbestuurder by Koppies is.
Meer oor Corné is dat hy in
Vanderbijlpark gebore is. Hy het
in Bethlehem grootgeword, waar
hy Graanveld Primêre Skool en
Voortrekker Hoërskool bygewoon
het, voordat hy na Kroonstad
Hoërskool is, waar hy in 2005
gematrikuleer het.
SENWES Scenario • JUN/JUL 2017
27