Senwes Scenario Junie / Julie 2017 | Page 26

•••• VERHOUDINGSBESTUURDER KOPPIES HA N D E LSN U U S Steve Kinghorn is senter tot die produsent se sukses OM TE SÊ STEVE KINGHORN IS IN DIE MIDDEL OFTEWEL ‘SENTER’ VAN ALLES, IS WAAR OP MEER AS NET EEN WYSE. AUBREY KRUGER O m te begin, dié 59-jarige is 15 jaar gelede as kliënteadviseur by Senwes aang­ estel. Die pos het intussen al verskeie naamsveranderinge ondergaan. Sy loopbaan het as kredietinspekteur by Kroonstadtak begin. Die posbenaming is later na kliënteadviseur verander. In 2004 word hy verhoudingsbestuurder by die Paryssentrum, met Parys, Heilbron, Sasolburg, Koppies en Vereeniging wat hy hanteer het. In 2005 word hy insetbemarker in dieselfde gebied, met slegs Parys wat weggeval het. Steve het jare se ondervinding en was 25 jaar by die Landbank en ook vanaf 2008 tot 2010 by Vrystaat Mielies werksaam. Vanaf 2010 is hy weer ver­ houdingsbestuurder by Senwes waar hy tot nou dié posisie beklee. VIER STREKE Wat sy werk aanbetref, hanteer Steve vier streke, terwyl baie ander net een of twee streke hanteer. Steve som homself op as ’n mense- mens. En met sy geskiedenis kan jy verseker weet dat hy “daarvan hou om ’n pad met my klante te stap.” Hy glo met sy hele wese dat “daar is nie ’n ding soos ’n pro­ bleem sonder ’n oplossing. As daar ’n probleem is, moet ons dit oplos. Dit is wat ek doen en ek 24 hou verskriklik baie daarvan. Dit is die lekkerste,” sê Steve passievol. WERKSETIEK Wat werksetiek betref, is dit om “My bestaande klantebasis te behou en nuwes by te kry. Maar niemand mag afskeep word nie.” Sy primêre verantwoorde­ likheid is om die finansies van die produsent in plek kry. Dan ook om insette te verkoop en hulle te help om die fondse effektief aan te wend. Met die droogte nog vars in die geheue praat hy ook produsente moed in en hanteer onder andere uitstelreëlings en reëlings rondom lenings vir hulle. SENTER OP DIE RUGBY-MANIER Die Despatch-gebore Steve het ook die voorreg gehad om met die Doring van Despatch, Danie Gerber, rugby te speel. Die twee het vier jaar, van standerd sewe, vir Hoërskool Despatch se eerste span uitgedraf en ook Cravenweek gespeel. Dié sportman het ook in krieket en atletiek uitgeblink. Na skool het hy sy diensplig by Pretoria Lugmag voltooi, waar hy vir die SA Lugmagspan en SA Magtespan uitdraf en was ook deel van die Noord-Transvaal o/20 span. Van 1980 tot 1986 speel hy rugby vir Oos-Vrystaat en ook selfs platteland krieket vir die Oos- Vrystaat en OP. Steve is op 6 April 1958 in JUN/JUL 2017 • SENWES Scenario Uitenhage gebore. Vir die ouer garde is dit toe Jan van Riebeeck in die Kaap aangekom het, net 306 jaar later. “Ek is maar ’n Jan van Riebeeck seun,” skerts Steve. HANTEER ALMAL DIESELFDE Behandel almal dieselfde - Hy werk met drie takbestuurders, Hendrik de Klerk (Koppies), Wynand Nortjé (Heilbron) en Gustav Hauptfleisch (Vereeniging) en tref glad nie onderskeid tussen hulle. Dit is sy motto en is ook van toepassing op sy produsente: “Ek behandel klein boere en groot boere presies dieselfde. Want daardie einste klein boer kan ’n groot boer word!” Op dié manier het Steve, danksy die genade van Bo, die titel as Beste Bemarker in 2016 by Hinterland losgeslaan. “Dit beteken baie vir my”. Hy gaan ook nie daar stop nie en hoop dat hy dit weer in die nabye toekoms sal regkry. Dié positiewe verhoudings­ bestuurder is ook in die middel van sy familie. Hy is vir 35 jaar met Babsie getroud, het twee kinders, Kevin (30) en Darryl (24) asook een kleinseun, Ruben (5). Dit is wie Steve is: ’n Positiewe mens wat glo dat die klant altyd eerste kom. En hoewel daar ‘n paar opofferings gemaak word, is dit wie hy is –“Dit is my brood en botter.”