Senwes Scenario Junie / Julie 2017 | Page 24

•••• KOPPIES GRAANBEMARKINGSADVISEUR HA N D E LSN U U S Van die Koppiesdistrik vir die kontrei AS JY DIE GRAANBEMARKINGSADVISEUR BY KOPPIES, CHRISTELLE JANSEN VAN RENSBURG, IN SLEGS EEN SIN KON BESKRYF, IS DIT DAT SY IN WESE VAN DIE KOPPIESDISTRIK IS, EN IN HART EN SIEL DAAR VIR HAAR PRODUSENTE IS. AUBREY KRUGER H oewel Christelle nou eers ’n jaar en vier maande as Senwes graanbemarkingsadviseur in die gebied werksaam is, bly sy eintlik haar hele lewe in die dis­ trik, waar sy al van kleins af geleer plant en stroop het. Die blondekop is ook hier gebore en het haar laerskoolloop­ baan by Sarel Cilliers voltooi, voor sy Hoërskool Heilbron toe is waar sy in 2009 gematri­ kuleer het. Sy ken dus hierdie produsente in wese en hulle vir haar. Al verskil nou is dat sy hulle net in haar posisie as Senwes graanbemarkings­adviseur diens. DIENS IN ’N WYE AREA Buiten Koppies, hanteer sy ook die gebiede by Rooiwal, Heuning­ spruit en Attie. Sy is grotendeels in Koppies gestasioneer en werk so een of twee dae van die week in Kroonstad. Wat Christelle verder uniek maak, is dat sy regtig baie met haar produsente kommunikeer. Vanweë haar lang lys produ­ sente, het sy selfs ’n Koppies Graanbemarking Whatsappgroep gestig, waarop sy maklik en deurentyd inligting aan hulle kommunikeer - eerstens markten­ dense, die openingsprys en ook 22 die sluitingsprys. Om dit aan te vul, kommunikeer sy ook ander belangrike inligting aan die meer as 256 klante op die groep. Dan hanteer sy elkeen op individuele basis, “want elkeen se inligting is uit die aard van die saak privaat en word ook as sulks konfidensieel hanteer.” As relatiewe nuweling steun sy veral op senior graanbemarkingsadvi­ seur by Senwes, Ben Brink, asook makelaar by Senwes hoofkantoor, Marcel Lombard. “Hulle het my baie geleer en gehelp en ek kry baie inligting van hulle af om my produsente optimaal te kan bystaan.” HAAR PRODUSENTE IS HAAR LEWE “Ek is verskriklik erg oor my boere. Daarom is dit ongelooflik belangrik vir my om die beste prys vir hulle te kry.” Sy ken die produsente van veral Koppies en Rooiwal, en tussen haarself en Ben Brink ken hulle almal van Heuningspruit tot Attie ook. “Ek verstaan hulle stories, want my pa is ook ’n boer,” sê sy. Pa Gerhardus Strydom boer sowat 18 km op Koppiesdam-pad uit, waar Christelle ook grootgeword het. Om dit af te rond het sy ook op 22 April vanjaar met Fanie Jansen van Rensburg getrou, wat weer by Wonderheuwel tussen Sasolburg en Koppies boer. JUN/JUL 2017 • SENWES Scenario Sy het ’n B.Com Menslike Hulpbronbestuursgraad, wat sy in 2013 in Potchefstroom behaal het en ’n jaar later het sy haar hon­ neursgraad in Arbeidsverhoudinge behaal. En alhoewel sy twee jaar in arbeidsverhoudinge gewerk het en al die wette en beleide ken, sal sy haar werk vir niks verruil nie. “Ek ken my klante se situasies en hul stories. Dit is hoekom elkeen ’n spesiale plek in my hart het.” Na al die kommunikasie en verhandelings in die oggendure, lees sy vanaf 12:00 graanverkope in en verrig ’n paar adminis­ tratiewe take. Hier hanteer sy elkeen soos hy hanteer wil word. Baie kom besoek haar by die takke en in die middae probeer sy ’n produsent op sy plaas besoek. Dan besoek sy ook die boereverenigings by Greenlands asook Renosterkop by Attie en Heuningspruit. Een kardinale punt is dat sy alles in haar vermoë vir die klante doen. “Die oomblik as die prys opgaan dan laat weet ek hulle. Daarna is dit die produsent se verantwoordelikheid om te besluit wanneer om te verkoop.”