Senwes Scenario Junie / Julie 2017 | Page 23

••• • • K O L L IG • • Dié kenmerkende tekens verwelkom jou by die plaas Vlakkuil van die Weiss familie. Daar is ook ‘n ou ‘droptank’ waarna meeste as die vuurpyl verwys, wat as maklike verwysing dien. Pa en seun! Hier is Hermann Weiss (regs) met sy seun Werner by een van die John Deere trekkers op die plaas. eintlik bekend is. Nog ’n impak van die droogte was dat hy ’n veevertakking gehad het, maar moes tydens die droogte halt roep met die kommersiële Simbras en Bonsmaras. STEUN OP SENWES Hermann se totale produksie­re­ke­ ning is by Senwes en hy doen al vir 15 jaar besigheid met hierdie landboumaatskappy. Hy het ook baie lekker saam met Koppies se takbestuurder, Hendrik de Klerk gewerk. Hy noem ook dat Ramonde Odendaal en die Landboudienste span sy hele behoeftebepaling doen en totale boerderybestuur hanteer. Hy steun ook op graanbemarkingsadviseur, Chantelle Jansen van Rensburg, vir graaninligting en op sleutelre­ keningbestuurder, Johan Jacobs, wat Hermann as “sy steunpilaar” beskryf. Hermann het drie John Deere trekkers op sy plaas, asook ’n self­ aangedrewe John Deere spuit. Hy lei ook die plaaslike boere­ vereniging en is vir die afgelope 10 jaar die voorsitter van Greenlands Boerevereniging. ANDER PASSIES Buiten boerdery en ingenieurs­ wese, is sport ’n ander passie. Hy het rugby, krieket, tennis en muurbal gespeel, en as skrumska­ kel vir die Noord-Vrystaat Plattelandspan uitgedraf. Hy is ook ’n tennisaanhanger en ondersteun graag sy neef, die Switserse tennislegende Roger Federer, wat nog elke jaar vir hulle kom kuier. Die vurige Duitse passie spreek ook duidelik uit die feit dat die voormalige Formule Een wêreldkampioen, Michael Schumacher, nog een van sy sport­ helde is. FAMILIE Herman is al vir 21 jaar met Georgina getroud en hulle het twee kinders, Werner en Estené, wat beide by die Pukke studeer. En as jy deur die tuin stap met al die ou trekkers, implemente en ysterwerke, weet jy dat die han­ dewerk in die tuin nog een van die produsent se passies is, terwyl sy vrou die res van die tuin en die boeke vir die boerdery behartig. Alhoewel die jong Werner se kop nie tans vierkantig in die boerderyrigting staan nie, is alles gereed indien Werner wel sou besluit om as vierdegenerasie-pro­ dusent plaas toe te kom, soos sy pa meer as twee dekades gelede ook gedoen het. 21