Senwes Scenario Junie / Julie 2017 | Page 20

••••
AREAFOKUS
Koppies > VERVOLG VAN BLADSY 16
van die kerkie steeds daar is . Die volgende tak is daarna in 1987 in Spoorwegstraat geopen en in 2013 is die winkel opgeknap .
HENDRIK DE KLERK Hendrik de Klerk is omtrent deel van die dorp . Hy was vir sewe jaar die verhoudingsbestuurder in die Koppies / Heilbron distrik en het vir ses jaar as takbestuurder diens gedoen , voordat hy onlangs na Kroonstad verplaas is . Een van sy hoogtepunte hier is die 2015 toekenning as Bedryfspunt : Besigheidsaanbod ( B-tak ) van die Jaar . Hy glo dat ’ n oopdeurbeleid , Christelike beginsels asook die vier pilare gevorm deur klante , personeel , verskaffers en natuurlik hoofkantoor , die spil is waarom alles draai . Sy personeel is sy trots met veral Marina Zitzke , Hanna van den Bergh , Christa Pretorius , Corné Coetzee en Jaco van der Walt , op wie hy baie gesteun het . Hendrik glo dat elke tak , ook
Die Eeu van Genade ( 1838-1938 ) gedenkteken van die Ossewatrek , wat in 1938 gevier is , is by die NG Kerk Moedergemeente .
Koppies verwelkom jou so !
Die huidige Koppies Hinterlandtak is die derde perseel in die dorp vanwaar daar handel gedryf word . Die eerste tak was reeds in die 1960 ’ s geopen .
Koppies , sy eie atmosfeer het en dit is met ‘ n swaar hart wat hy hierdie plek groet . Sy raad is dat personeel moet aanhou om opgewonde en fluit-fluit werk toe te gaan en sing-sing huiswaarts te keer .
BEKENDES VAN DIE DORP Die welbekende digter , Olga Kirsch , is op 23 September 1924 in Koppies gebore . Sy het ’ n hele paar digbundels die lig laat sien , soos Negentien Gedigte , Die Soeklig , The Book of Sitrya en Oorwinteraars in die Vreemde . Die huis waar sy gebly het , is ook steeds daar .
Die ander bekende skrywer van die streek is Topsy Smith . Die ouer garde sal hom onthou as die skrywer van die jeugverhaal
Trompie , wat later in ’ n televisiereeks omskep is , asook Saartjie , wat hy natuurlik onder die skuilnaam Bettie Naudé geskryf het . Die ouer geslag sal veral die TV-reeks van Trompie onthou , met Anton Goosen wat die bekende kenwysie , Trompie en die Boksombende , gesing het . Topsy het in Koppies gematrikuleer . Nog bekendes van die dorp is oud-direkteur van Senwes , Tobie Laubscher , sowel as die nasionale atleet , Maryna van Niekerk , wat hier grootgeword het .
KERKE Van die kerke in die omgewing is die NG Kerk Moedergemeente , wat al sedert 1908 bestaan , nadat dit van die Vredefort , Heilbron en Kroonstad se gemeentes afgestig het . Die huidige kerk is op 18 Mei 1963 geopen . Die NG Kerk Koppies-Weltevrede se hoeksteen is op 16 Maart 1963 gelê .
18
JUN / JUL 2017 • SENWES Scenario
Hendrik de Klerk was vir jare die takbestuur der by Koppies en het onlangs na Kroonstad verskuif .
EMILY HOBHOUSE Daar is ook ’ n gedenkteken by die NG Kerk Moedergemeente ter nagedagtenis aan die kantskool wat vanaf 1909 tot 1938 bedryf is . Dit is opgerig om hulde te bring aan die moed van veral twee vroue , Johanna Rood en Emily Hobhouse .