Senwes Scenario Junie / Julie 2017 | Page 16

••••
PROMOSIE-ARTIKEL

Muf en mikotoksiene Hoe beïnvloed dit die prestasie van

14
DIE MEESTE VOER VIR LEWENDE HAWE BEVAT MUF- EN SWAMSPORE . GEDURENDE HIERDIE SOMER HET DIE GEREEL- DE REËN ’ N UITDAGING GESKEP VIR HOOIPRO- DUSENTE WAT BEOOG HET OM HOOI TE SNY , TE BAAL EN TE STOOR .

Dit is belangrik om die impak wat reën op hooi , graan en kuilvoer kan hê , te besef . Benewens die verlies aan voedingstowwe , is ’ n ander belangrike komponent van voerwaarde die groei van muf en teenwoordigheid van mikotoksiene . Muf het vog ( relatiewe humiditeit van bo 70 %), suurstof ( ten minste 1 tot 2 % O 2 ), tyd en die regte temperatuur ( veranderlik na gelang van die spesie ; hoë temperature bevorder Aspergillus , lae temperature bevorder Fusarium ) nodig om te groei .

Nat , styf-gebaalde hooi verskaf ’ n vogtige , donker omgewing vir muf om te groei . Gewoonlik beïnvloed muf die smaak en daaropvolgende inname van hooi deur lewende hawe . Muf kan op graan in die land , terwyl dit gestoor word of in die kuilvoerbunker groei . Weerstoestande kan mufgroei op gewasse op die land raak . Graan word gewoonlik droog gehou om te voorkom dat muf groei terwyl dit gestoor
JUN / JUL 2017 • SENWES Scenario
word . Muf wat gewasse op die land besmet , kan verskil van dié wat groei terwyl die gewas gestoor word of in die kuilvoerbunker is . Mikotoksiene is die sekondêre produkte wat sommige muf / swam spesies produseer en kan giftig wees vir diere indien dit teen vlakke wat hoog genoeg is , ingeneem word .
MUF EN MIKOTOKSIENE SAL DIE VERTERINGSPROSES NEGATIEF RAAK Muf in voerkomponente kan beesproduksie negatief raak as gevolg van die invloed op voedingswaarde , mikose en miko toksikoses . Mikose is ’ n siektetoestand wat deur die muf en swamme self veroorsaak word , en mikotoksikose is ' n siektetoestand wat deur die mikotoksiene veroorsaak word . Die swam self kan dus produksieverliese veroorsaak wat apart van , en bykomend tot enige toksiese effek voorkom .
Trouens , verskeie swamme word met negatiewe gesondheidseffekte op plante , diere en mense verbind . In talle kliniese gevalle wat gerapporteer is , is dit moeilik om die uitwerking van mikose en dié van mikotoksikoses te skei . Produsente vermoed gewoonlik dat mikotok siene die vernaamste sondaars is wanneer laer voerinname , diarree , aborsies , swak gewigstoename of vrektes waargeneem word . Selfs waar dit in lae vlakke aanwesig is , kan die inname van veelvuldige mikotoksiene nadelig wees vir beeste se gesondheid en prestasie . Produsente moet proaktief wees en mikotoksienteenwoordigheid en -vlakke moniteer en ’ n mikotoksienbestuursprogram inkorporeer .
Terwyl mikroörganismes ( protosoë ) in die grootpens wel tot ’ n sekere mate van hierdie toksiene onskadelik kan maak , kan van hierdie metaboliete ( afbraakprodukte ) van sulke toksiene net so of selfs meer toksies wees . Wanneer hierdie mikotoksiene deur mikrobes in die grootpens verander word , word hulle omgeskakel na produkte wat soms meer toksies as die oorspronklike mikotoksien kan wees . Sekere protosoë kan egter net op bepaalde mikotoksiene inwerk . Vir sommige mikotoksiene is daar geen protosoë in die grootpens beskikbaar wat hulle kan afbreek nie , en beeste word aan die negatiewe uitwerking daarvan blootgestel .
Daar moet altyd onthou word dat mikotoksiene ’ n negatiewe uitwerking op die grootpensomgewing en -aktiwiteit sal hê – selfs voordat die diere self aangetas word . Sommige van hierdie mikotoksiene en metaboliete het ook ’ n antibiotiese uitwerking en kan die grootpens se mikrobiese omgewing versteur , en so die weg vir ander muftoksiene , giste en bakteriële gevare baan .
Dieet speel ook ’ n rol . Wanneer voerkraalbeeste en melkbeeste hoër verhoudings graan gevoer word , word die grootpens se pH verlaag , en so ook die vermoë om mikotoksiene af te breek . Robuuste grootpensfermentasie is belangrik om maksimum mikotoksienafbreking in die grootpens te bewerkstellig . Die gebruik van buffers en voldoende effektiewe vesel om grootpensfunksie te stimuleer is noodsaaklik .