Senwes Scenario Junie / Julie 2017 | Page 15

N UUS gedek word deur 43 plus duim bulle. Ons het tans 50 koeie. Ons probeer om top genetika aan die stoetteelmark en jagmark te voorsien - Waar gaan hulle daai genetika van hoogstaan­de gehalte kry - hopelik gaan hullle dit by ons kom koop,” sê Ro’an. Boonop is hulle baie taai in die veld en die grootste voordeel is dat diere deur die loop van die jaar van buite ingebring kan word asook dat langhoringkoeie net so in aanvraag is as die bulle in die jagmark. Sover hy weet is hulle ook die enigste wildboere wat indiepte analises doen waar al die horings gemeet word en voorspellings gemaak word oor die potensiaal van diere. “ ’n Mens is nie altyd reg nie, maar dit vorm ’n gidslyn vir die toekoms. Ons meet alles waar ander net die lengte en tip-tot-tip meet,” sê Ro’an. Hulle boer al sedert 2010 met wild met die eerste Burchell Namibiese gouegemsbokke, wat in 2012 by die bekende Piet du Toit se veiling gekoop is. 10 is aan­gekoop teen ’n gemiddeld van R825 000 per dier. “Dit was ’n duur premie, meer as dubbel die markprys, maar ons het die bestes van die bestes, en die premies gaan jy kry die dag as ons uit daardie gouegemsbokke verkoop,” vertel Ro’an. Hulle is ook besig om vir jag­ doeleindes uit te brei na ’n 5 000 hektaar plaas in Namibië. Sy eintlike doel is om nie net getalle te hê nie, maar die beste - ’n kwantiteit van kwaliteit. Die Kalahari bloedlyne het van die beste gemsbokgenetika. OPTIFEEDS Wat veevoer aanbetref, doen Ro’an ook aankope by Optifeeds. “Ons is tevrede met die produk en diens en die diere is in ’n goeie kondisie.” Laastens is sy versoek dat die media konsekwent moet wees. “Kommersiele boere kan ’n R5 miljoen plus trekker koop maar as ’n wildboer R5 miljoen vir ’n buffel betaal, dan word hy as sta­ pelgek beskou”. Ro’an moedig alle produsente aan om ’n vertakking in wild te vestig. Daarom hou Kroonstud Wild, waarvan Ro’an deel is, ’n groot wilddag op 9 Augustus 2017 om voornemende wildboere te leer en wys hoe die wildbedryf werk. RSVP voor 2 Augustus 2017 deur vir Ro’an te e-pos by roan.soetvel­ [email protected]. ••• • • • • 13