Senwes Scenario Junie / Julie 2017 | Page 14

•••• NUUS Noordwes Jongboer van die Jaar-titel ’n wen vir die wildbedryf “V ir my gaan dit dat die wildbedryf nou volwaardig erken word as landbou, nie net omgewingsake en natuurbewaring nie.” Dit nadat wild meestal oor negatiewe redes in die nuus was. Ro’an se naam is uniek - dis ’n kombinasie van sy ma Ronnie en ouma Andriesa se name. Hy is al vir amper 5 jaar met Miquet getroud. Hulle het twee kinders, Roan (3) en Benroux (4 maan­ de), met die oudste wat al klaar die name van die wild kan opnoem. Hy vertel dat 95% van die boerdery wildteling behels, met slegs 5% aangeplante weiding vir die sny en baal van gras vir grasverkope asook om die beeste deur die kampe te roteer om die grasgehalte en bosluislading te beheer. VRA JY DIE 2017 NOORDWES JONGBOER VAN DIE JAAR OOR SY TITEL, SÊ HY REGUIT: “DIT IS ’N WEN VIR DIE WILDBEDRYF”. FAMILIE VAN BOERE Hy vertel dat hoewel sy familie almal geboer het, hulle nie altyd aaneen geboer het nie. Oupa Vos van Tonder en Pa Nico van Tonder het geboer, “Maar my pa, Nico, het hierdie plaas as familie­ boerdery gekoop en ons seuns moes onsself op­­ werk vir aandele”. Baie geluk! Ro’an van Tonder, Agri NW Jongboer van die Jaar 2017 BROER Ro’an se ouer broer, Werner, is in 2014 as een van die finaliste vir die Noordwes Jongboer van die Jaar kompetisie aangewys. “Die boerdery het sedertdien dramaties verander. Ons het baie uitgebrei rakende infrastruktuur en plaasontwik­ keling. Toe was ons in ’n boufase en nou behels Soetvelde Farms se plase Klipfontein, Walkraal wat nou bygekry is asook Kruitfontein met Rooipoort waar daar slegs gesny en gebaal word.” Ro’an van Tonder is tydens ‘n spog- geleentheid aangewys as die Agri NW Jongboer van die Jaar. Ro’an boer op die plaas Klipfontein in die Potchefstroom-distrik. Opti Feeds wens Ro’an van harte geluk en wens hom alle sterkte toe as finalis in die Nasionale Jongboer kompetisie 2017. Suid-Afrika Tel: 018 632 4053/4/5/6, Faks: 018 632 3989/4934 E-pos: [email protected] Opti Feeds Botswana (Pty) Ltd Tel: +267 397 4146 www.optifeeds.co.za Tindrum 17/101 Voer vir Optimale Resultate. Deel van die NWK Groep BESTE GEMSBOKTELER IN SUID-AFRIKA Ro’an wil die beste gemsbokteler in die land word. Daar is baie voordele aan gemsbokke en Ro’an kategoriseer hulle in drie afdelings: rooi­ gemsbokke, gouegemsbokke en jou gewone groot langhoring­gemsbokke. Die doelwit is om genetika van gemiddeld 43 duim-plus koeie te kry met ten minste vier verskillende 40 duim-plus troppe. “Die teel­diere moet dogters wees van 44 duim bulle en moet 12 JUN/JUL 2017 • SENWES Scenario