Senwes Scenario Junie / Julie 2017 | Page 12

•••• NUUS 2017 Vrystaat Jongboer van die Jaar > VERVOLG VAN BLADSY 9 arts. Vir Johan moet alles maklik wees: “Ek bewerk alles chemies - ek dis nie, skoffel nie en ploeg ook nie. Ek spuit dood, rip en plant verder. Hoe makliker hoe beter.” Hy noem dat hulle ook redelik kultivar- en bemestingsproewe doen om seker te maak hulle ge­bruik die regte goed. SENWES Hy lewer feitlik alle graan by die Senwes Welgeleë silo, wat ’n klip­ gooi van die plaas af is en waar hy en silobestuurder Piet Nel ’n goeie verhouding het. ’n Klein gedeelte graan word ook deur Senwes se Jaco Maree bemark. Volgens Johan is die onderdele­ bestuurder by Welkom, Neil Basson ook fantasties - “Hy dink vooruit en bestel sommer vir my ook. As ek voor 10:00 bestel, het ek dit reeds die volgende oggend.” Hy kan ook nie uitgepraat raak oor Wesselsbron se trekkertegni­ kus, Myburgh de Bruyn nie - “Hy is regtig baie goed.” By die Welkom-tak kom hy en takbestuurder, JD du Plessis, goed oor die weg met verhoudings­ bestuurder, Estelle Hattingh, wat al hulle saad en meeste kunsmis aankoop. Johan het ook vyf John Deere trekkers, asook ’n spuit en stroper. MODELLE EN JACK RUSSELS Die artikel sou ook nie volledig gewees het sonder om te noem dat Johan en sy pa ’n model John Deere versameling het nie, met ongeveer 2 500 modelle. Die versameling is ook al deur Senwes HUB, Francois Strydom, besoek. Jack Russels is oral op die plaas. Mia ry oral saam, Belly draf saam met Juanita en moet ook nie van Rusty, Cindy, Vlekkie en Ore vergeet nie. 10 Hierdie is ‘n John Deere plaas! Hier is Johan van Huyssteen se John Deere stroper en dan het hy ook vyf John Deere trekkers asook ʼn John Deere spuit. Johan bedank sy vrou, Juanita, asook ouers Johan en Elize vir hul ondersteuning, asook broer Francois vir sy insette. Ook vir Senwes: “Senwes is ’n goeie en eerlike maatskappy – ’n ou is nie bang om met Senwes besigheid te doen nie.” En laaste maar verseker nie die minste nie, sonder sy nege arbeiders, Elias Tlhapi, Makola Theletsane, Lawrence Makhabani, Moeketsi Kholoanyane, Isaac Ntsodo, James Thibile, Motseko Mphongoa, Ezekile Kgoloanyane en Thys Liphalane kon hy nie die titel gewen het nie. Getroue personeel! Hier is die plaas se nege arbeiders, Elias Tlhapi, Makola Theletsane, Lawrence Makhabani, Moeketsi Kholoanyane, Isaac Ntsodo, James Thibile, Motseko Mphongoa, Ezekile Kgoloanyane en Thys Liphalane. Die Jong Boer in die Wêreldmark DIT WAS DIE tema van die Vrystaat Landbou Jongboer­ konferensie wat op 6 April te Bloemfontein gehou is. By die geleentheid was dr. Dirk Strydom die hoofspreker en sy woorde was “Globalisering is een van die dinge wat net groter gaan word, beleide gaan net nog verder verander en daar gaan aangepas moet word”. Senwes was een van die borge by die konferensie, wat deur bykans 120 jong boere uit die Vrystaat, asook borge en die media bygewoon is. Onder andere het Strydom gemeld dat die gebruik van JUN/JUL 2017 • SENWES Scenario tegnologie nodig is om voor te bly in landbou. Hy noem dat dit belangrik is om te kyk na: navorsing, vergelyking ten einde verliese te verminder, bemarking en kontantvloei. Die konferensie is die aand afgesluit met ‘n spogdinee waar Johan van Huyssteen, ‘n Senwes klant, as Vrystaat se Jongboer vir 2017 aangewys is. Van Huyssteen, wat op die plaas Bloekom naby Virginia boer, sal die Vrystaat verteenwoordig in die nasionale kompetisie. Senwes Scenario wens hom sterkte toe met sy deelname aan die nasio­ nale kompetisie.