Senwes Scenario Junie / Julie 2016 | Page 8

••• AREAFOKUS Die Bultfontein silo was die grootste silo in die
AUBREY KRUGER
Suidelike Halfrond toe dit in 1964 opgerig is .

Bultfontein bult sy spiere

6
BULTFONTEIN BULT SY SPIERE AL VIR BAIE LANK - INDERDAAD AL SEDERT 1874 TOE DIE DORPIE SY ONTSTAAN GEHAD HET . DIE AREA WAAR DIE DORPIE GELEË IS , IS GEKOOP DANKSY ‘ N PAAR SKENKINGS WAT TOE ONTVANG IS EN SEDERTDIEN HET DIE AREA MET RASSE SKREDE GEGROEI , VERAL NADAT BULTFONTEIN IN 1938 TOT MUNISIPALE GEBIED VERKLAAR IS . BULTFONTEIN HET SY NAAM TE DANKE AAN ‘ N FONTEIN TEEN DIE BULT .
JUN / JUL 2016 • SENWES Scenario
TWEE DELE MAAK DORP UNIEK Bultfontein , wat in die hartjie van die Vrystaat geleë is , is ’ n interessante landbougebied wat in twee spesifieke gedeeltes verdeel is , naamlik die noorde en die suide . In die noorde is die saailande en in die suide die groen weivelde . Die ouer garde het altyd gesê dat die suide die ‘ ultimate ’ is , want dit reën altemit daar . Hierdie skeidingslyn is duidelik vanuit die ruimte sigbaar .
UIT DIE VERLEDE Dit is interessant dat daar vandag nog tonnels is wat die boere gegrawe het om tydens die Anglo Boereoorlog ( 1899 – 1902 ) vir die Engelse weg te kruip – dit is op die plaas Terra Firma . Van die plaaslikes vertel dat daar nog sowat 500 meter se tonnels is . Bultfontein is ook ’ n dorp van eerstes met die eerste vliegtuig wat in 1907 daar begin bou is . In landbouterme is die eerste landbouverband in die Vrystaat in 1923 ten opsigte van die plaas Panfontein in die distrik toegeken . Nog interessanthede van die verlede is dat koning George VI , sy gade en dogters Margaret en Elizabeth die dorp in 1947 besoek het en die hele dorp was in rep en roer met die vliegveld en paaie wat
Sedert 1874 ! Bultfontein is vanjaar 142 jaar oud en sal in 2024 sy 150 jaar vieringe hou .
gebou en opgegradeer is .
Jare later , in 1965 , het die Bultfontein Gholfbaan ook tot stand gekom met sy 18 bowwe en 9 setperke waarop selfs Gary Player al kom speel het .
’ n Skouspel vir die plaaslike ge meen skap was in die 1980 ’ s , toe trekker op trekker ’ n ry van ’ n paar kilometer by die Bultfontein Silo gevorm het met tot agt rye voor die silo sigbaar . Verder is dit uniek dat die klein dorpie ook sy eie vliegveld met ’ n 1.2 km geteerde aanloopbaan het .
DROOGTESEISOEN Tydens die afgelope erge droogte was hierdie area die brandpunt met min reën . ’ n Mens kan bo vanaf die Bultfontein silo duidelik die effek van die droogte sien .
Die gebied produseer vandag mielies , sonneblom en koring , maar in die verlede is selfs katoen en aspersies daar verbou .
BOERDERY IN DIE OMGEWING In terme van beesrasse is daar omtrent 10 verskillende rasse by die talle stoeterye in die omge-