Senwes Scenario Junie / Julie 2016 | Page 54

••• RUBRIEK
MILANIE VOSLOO

NIEMAND HOEF TE BLY SOOS HULLE IS NIE ...

FOTO : LEEF

WEN

52
HY MAAK JOU SOVEEL MEER ... SOVEEL MEER IN LIEFDE .

Om met alle mense goed oor die weg te kom , is nie vir een van ons sommer net maklik nie . Daar is mos maar altyd iewers iemand wat die vermoë het om ons woedend te maak of ons sommer net te irriteer . Die waarheid is dat ek en jy ook maar ’ n pyn vir ander kan wees ! Ja , menseverhoudinge bly kompleks omdat ons mense is met verskillende denkpatrone , persoonlikhede , motiewe en emosies . Nooit behoort ons egter onsself te verskoon vir wie en wat ons is deur te verklaar dat ander ons maar moet aanvaar soos ons is nie . Dat ons nou “ maar gemaak en laat staan is ” nie ... want kinders van die lewende God is juis mense wat gedurig onder konstruksie is , wat heeltyd kan verander om meer soos Hy te wees . In groter liefde kan leef . Want ons Vader het ons lief soos ons is , maar het ons te lief om ons te los soos ons is . Juis omdat Hy die beste vir ons én ander wil hê . En wanneer ons Hom toelaat om ons te verander , gebeur daar ook iets met ons verhoudings lewe . Want dan kyk ons met ánder oë na die mense om ons : Met genade-oë wat met liefde uitgespoel is .

Jy sal onthou dat Jakob van wie ons in Genesis lees , nie eintlik
bekend was vir sy goeie verhoudings nie . Hy het eerder koek saam met sy ma gebak as om saam met sy pa te boer . Boonop het hy nie geskroom om sy broer , Esau , in te loop en ’ n klomp leuens te vertel nie . As gevolg hiervan was hy ’ n vlugteling van die wêreld ... totdat God aan hom verskyn ... en sy hele lewe verander . Toe word Jakob ’ n vredemaker , ’ n brugbouer ... ’ n verskilmaker in mense se lewens .
As Jakob – die bedrieër – so kon verander , dink net wat die Vader met my en jou harte kan doen as ons Hom wil toelaat !
Vader , moet my asseblief nie los soos ek is nie . Maak my nuut . Nuut in genade-liefde .
Stap die pad na vrede saam met Milanie Vosloo en die God van vreugde . In Jou Voetpad na VREDE vertel sy dat God wil hê Sy kinders moet deur Hom gelukkige en vervulde mense wees .
Die 366 dagstukke bespreek verskeie temas soos hoop , eerlikheid , nuut glo , gee en ontvang , geluk en jy kan maar net jý wees . Hierdeur sal lesers die versekering ontvang dat gelowiges weer kan probeer omdat ons onder God se vergifnismantel leef , dat daar altyd hoop is ten spyte van donker oom blikke en dat ons mense met rustigheid kan wees omdat God ons lei .
Milanie se gebed vir haar lesers is dat Jou Voetpad na VREDE hulle sal oortuig dat God hulle nooit uit Sy hand sal laat val nie en dat hulle opnuut bewus sal word van Sy liefde en genade-arm om hulle .
Die nuwe boek behels 366 dagstukke in ’ n lekkerlees 412-bladsye uitgawe waarvan die vrystellingsdatum in Augustus . Dit sal vir R189.95 op die rakke . wees . Die boek volg op Milanie se Sielskos vir die vrou wat lééf , Laat Sy liefde jou lei , Gekoester in God se liefde , Moed vir elke môre , Net soos jy is en Sielsgedagtes .
Wen met Senwes en Cum Uitgewers . Een gelukkige leser kan ’ n kopie van Jou Voetpad na VREDE , 366 koesteroordenkings op jou reis saam met die God van vreugde , wen . SMS Senwes , Cum , jou naam , telefoonnommer en e-posadres na 31 022 voor 31 Julie 2016 .
Standaard sms-tariewe geld en geen werknemers van Senwes mag deelneem nie . Vir die volledige kompetisiereëls , besoek die webtuiste www . senwes . co . za .