Senwes Scenario Junie / Julie 2016 | Page 53

K O MPE T ISIE S Tuinwenke ••• vir die winter D Die HANNON Gentle Facial Wash is ’n hoogs effektiewe gesigwasmiddel wat baie delikaat op die vel inwerk. Dit verwyder selfs die hardnekkigste grimering en olie van die vel. Dis ideaal vir tieners of mense wat sukkel met velkondisies soos aknee, aangesien dit die aktiewe bestanddeel ACNET bevat wat inflammasie beheer en bakterieë wat opgebou het, beveg. Hierdie velreiniger moet soggens en saans gebruik word. Iemand wat van ’n tradisionele velskropmiddel hou, sal gaande wees oor die HANNON Mother of Pearl Facial Scrub. Dit is ideaal vir enige iemand met ‘n olierige tot normale veltipe. Dis ook ’n fantasiese vooraf gesigskrop vir mans wat ingroeihaartjies ontwikkel wanneer hulle skeer. Ons beveel egter nie aan dat niemand wat aan erge aknee ly, soos tieners, hierdie produk gebruik nie. it is weer daardie tyd van die jaar, naamlik wintertyd! Tydens seisoensveranderings kan voorraad­opname van jou tuin gedoen word en kan daar in alle erns vir die volgende fase beplan word. Ons gee graag ’n paar handige tuinwenke vir hierdie koue seisoen. KOUE • Verskuif sensitiewe plante na ’n meer beskutte plek. • Onthou om verskillende bedekkings aan te wend wat beskerming aan plante bied en die plant warm hou. • Wag eerder tot die koue verby is voor jy blare uitsnoei – die blare beskerm die plant teen die koue. Stel die snoei liefs uit tot aan die einde van Julie, of tot begin Augustus. • Verwyder herfsblare. Veral dié wat in visdamme val, moet uitgehark word. Dit kan skadelik vir visse wees. • Verwyder wintergras - dit groei juis as die res van die grasperk baie swak groei toon, soos in die winter. BENATTING • Moenie die plante te veel water gee nie. Plante behoort slegs een maal elke twee weke natgemaak te word. • Groeiende bolplante kan meer gereeld benat word. • Besproei so vroeg as moontlik in die dag sodat plante teen die aand droog is en oggendbesproeiing verwyder ook die dou- of ryplagie. ANDER ASPEKTE IN DIE TUIN Vir ’n werklike mooi tuin moet aspekte rondom die grasperk en tuin wat dalk agterweë gelaat is, nou aandag geniet. Tydens hierdie ‘rustiger’ tyd, waar jy minder gras sny en minder water gee, kan jy nou ander takies verrig, soos byvoorbeeld om beeldjies skoon te maak en te verf, miskien om houtvoor­ werpe en tuinmeubels te skuur. En as jy ge­noeg tyd het, kan jy selfs kyk na konstruksies soos heinings en mure. ’n Handige wenk is ook om jou tuinhulp aan te sê om tuingereedskap reg te maak, en indien nodig, gereedskap te vervang of voor te berei vir die komende seisoen. 5% af SMS Senwes, Hannon en jou naam, telefoonnommer en e-posadres na 31 022 voor 31 Julie 2016 om ’n kans te staan om een van twee geskenkpakke van Facial Wash en ’n Mother of Pearl Facial Scrub ter waarde van R500 elk te wen. Standaard sms-tariewe geld en geen werknemers van Senwes mag deelneem nie. Vir die volledige kompetisiereëls besoek die webtuiste www.senwes.co.za. Die wenners van die vorige uitgawes (Februarie/ Maart 2016) is as volg: CUM: Geoff Blignaut van Vereeniging. Hannon: Johan Uys van die Strand, Hanlie Bothma van Vereeniging. Hinterland koopbewys Senwes Scenario lesers kan in Junie en Julie 2016 ‘n 5% korting by Hinterland takke kry met die aankope van enige van die onderstaande twee items, soos wat in Tuinwenke genoem word. • Earth2Earth kompos • Earth2Earth potgrond Om in aanmerking te kom moet lesers slegs die advertensie toon om die korting te kry! AFGRI Town&Country, FarmCity en Senwes Village is handelsmerke van Hinterland AFGRI Town&Country, FarmCity and Senwes Village are trademarks of Hinterland 51 Besoek jou naaste Hinterlandtak nou!