Senwes Scenario Junie / Julie 2016 | Page 51

KO S V IR D IE SIE L ••• DS. WILLIE BOTHA HOE HONGER IS JY? LEES: Mattheus 15:21-28 T oe die wêreld­beroemde tjellis, Pablo Casals, negentig jaar oud was, het hy nog steeds elke dag vier of vyf uur lank geoefen. Toe hulle hom vra waarom hy op sy ouderdom en met sy reputasie nog steeds so hard werk, was sy antwoord: ‘Omdat ek hoop om dalk ’n bietjie vordering te maak...” P    ablo Casals is ’n goeie voorbeeld van iemand wat honger gebly het. Hy was nie tevrede met die vlak van professionaliteit wat hy bereik het nie, daarom het hy bly oefen. Terwyl Jesus in die stede Tirus en Sidon was, het ’n Kanaänitiese vrou na Hom toe gekom. Sy vertel vir Jesus van haar dogter wat in die mag van ’n bose gees is. Aanvanklik lyk dit of Jesus en Sy dissipels nie veel aandag aan haar skenk nie. Dit is belangrik om te verstaan dat Jesus Sy Messiasskap gesien het as om eers na die Jode te gaan om hulle van God se nuwe bedeling te vertel. Die vrou het dit egter nie daar gelaat nie. Sy kom voor Jesus kniel en sê: “Here, help my!” Jesus het aan haar verduidelik dat Hy nie die Planter Monitor • Seed per 100m per row, seed population • Hectares worked and much more • Easy to install and maintain • Fertiliser and turning of axles • Can be applied to most planters • Real tough, rust and water resistant kinders se brood aan die hondjies rondom die tafel kan gee nie. Sy gebruik Jesus se eie beeld deur te sê dat die hondjies darem van die krummeltjies kry wat van die tafel val. Daardeur het sy gewys dat alhoewel sy nie deel van die Jode was nie, sy geglo het dat God se genade ook vir haar waar kan wees. Jesus is verwonderd oor haar geloof en daarom maak Hy haar dogter gesond. Daar is nie grense aan die liefde van ’n ma nie. ’n Ma honger vir haar kind en haar kind se behoeftes. Later, na Jesus se opstanding, kry die dissipels uitdruklik die opdrag om na al die nasies te gaan en die mense Jesus se dissipels te maak en hulle in die naam van die Vader, Seun en Heilige Gees te doop. Die Jode was nie ontvanklik vir sy Messiasskap nie. Anders as die Kanaänitiese vrou, was hulle nie honger vir die boodskap van Jesus nie. Die belangrikste is egter hoe God na ons gehonger het. God het daarna gesmag dat ons Sy kinders sal wees. En Sy Vader wat so vir Hom gehonger het, nie toelaat dat die honger van Sy Seun groter is as Sy honger vir die wêreld nie. Wat ’n botsing van belange om ons ontwil. Honger ons nog na God, wat so honger is vir ons? Het ons nog daardie onuitspreeklike, basie