Senwes Scenario Junie / Julie 2016 | Page 5

A L L E S E N N O G WAT ••• Pieter & Tshepo Hamish McBain Afgetrede Uitvoerende Direkteur, Tiger Brands Bpk oor beleide in Suid-Afrika “ Ons is nou in beseringstyd - ons moet nou regtig om die tafel begin beweeg.” Volstoom op pad na ’n Nasie in Gesprek Oraloor gehoor... Jannie de Villiers Hoof Uitvoerende Beampte, Graan SA “Die boere dink alreeds aan volgende seisoen. Dit het nie net water gereën nie, dit het hoop gereën.” Kobus Steenekamp Besturende Direkteur: Monsanto SA “Daar is baie risiko’s. Een risiko wat ons moet bestuur is die risiko van verkeerde inligting. Een onbesonne boodskap, facebook of twitter plasing kan baie skade verrig. Ons moet dit bestuur.” Gerhard van der Ryst Takbestuurder by die Senwes Village Hinterland tak in Bultfontein “Na die 105 mm reën wat vanaf 4 tot 6 April vanjaar by Bultfontein geval het, is daar ’n positiwiteit wat ongelooflik is. Reën is lewende water en met die Skepper kan mens alles te bowe kom.” Mike Schüssler Direkteur en eienaar van Economists.co.za “Ons marsjeer na 10 miljoen werklose mense in Suid-Afrika.” Danie Minnaar Produsent van Bothaville en ’n lugballonentoesias “In beide gevalle, boerdery en lugballon, is jy buite in die natuur, tussen twee gebiede. Soos met boerdery is jy totaal van die natuur afhanklik. Net soos met boerdery gaan dit oor gevoel, jy soek lugstrome.’n Stokperdjie gee jou ’n wegkomkans wat jou positief beïnvloed. Dis ’n omgewing wat jou buiterealiteit ’n toevlug gee na ’n ontspanne atmosfeer.” Dan Kriek Voorsitter van Vrystaat Landbou en Ondervoorsitter van Agri SA “Met hulp van die regering kan ons boere volgende jaar weer ’n oorskot mielies produseer. Maar as ons nog nie verstaan dat die regering sal moet help nie, gaan almal dit ná vanjaar verstaan. Die Suid-Afrikaanse boer het nog altyd die verbruiker gesubsidieer. Ons gaan vanjaar leer wat dit beteken as hy nie meer kan nie.” Milanie Vosloo Scenario rubriekskrywer by die Agri SA kongres by Nampo Park “Ek dink God is mal oor boere.” Het jy al bygedra tot die droogterampfonds? DIE AGRI SA DROOGTERAMPFONDS HET JOU HULP NODIG. MAAK SO JOU DONASIE: Donasies kan gemaak word via die webblad www.droogte­rampfonds.co.za met verskeie betalings­wyses soos EFT, Kredietkaart, Tjek- en Debietkaarte, Kits, EFS, SnapScan of Premietarief SMS teen R30 per sms. HOEKOM MOET EK BYDRA? Senwes doen ‘n beroep op alle besorgde Suid-Afrikaners om ons produsente by te staan, aangesien hul bydrae krities is vir die voedselsekuriteit van ons land en die plattelandse ekonomie. SENWES Scenario • JUN/JUL 2016 3