Senwes Scenario Junie / Julie 2016 - Page 48

••• T OEK OM SF OK US ••• JENNY MATHEWS LEGENDES EN NALATENSKAPPE “FAMILIEGESKIEDENIS BOU BRÛE TUSSEN DIE GENERASIES VAN ONS FAMILIES.” O ns het so pas ’n wonderlike maand spandeer waarin ons gesinsbande hernu het. Dalk het die uitmergelende droogte wat ons hierdie jaar ervaar het iets daarmee te doene gehad, maar ons het ’n behoefte in hierdie tyd gehad om perspektief te verkry oor die werklike belangrike dinge in die lewe: familiebande en vriendskappe, wat die fondasie is van die gevoel dat ons iewers hoort en wat die boublokke van tevredenheid is - veral in moeilike tye! “Brûe word nie per ongeluk gebou nie.” Twee en vyftig siele, almal verbind deur bloed of huwelik, met ouderdomme wat wissel van my skoonpa Charlie, 91, tot my nuwe kleinseun van 4 maande, het bymekaargekom op die plaas vir ’n Mathews familie reünie. Dit was 46 JUN/JUL 2016 baie spesiaal om die plaaslewe vir ’n oomblik deur die oë van ander te sien, mense met gelukkige herinnering van die plaaslewe uit hul kindertyd. Eenvoudige dinge soos die reuk van pas geoeste mielies of die koel aanraking van die herfs aandluggie het baie herinneringe opgeroep en heelwat gesprekke het begin met, “Onthou jy nog ...!” Baie stories is oorvertel, wat herinneringe aan moeilike tye ingesluit het - soos die depressiejare, toe hulle skuiling gebied vir verbygaande reisigers, wat werkies op die plaas gedoen het in ruil vir kos en slaapplek; of toe hulle pa so erg deur ’n bul deurboor is dat hy by die dood omgedraai het. Ek het gesien hoe die kinders se oë rek toe daar vertel is hoe dit ’n hele dag geneem het dorp toe met ’n kar en perd om vir vriende te gaan kuier of vars voorrade te gaan koop. Hulle het gehoor hoe die grasvlaktes eens gewemel het van wild en hoe Ouma Hettie haar bekende boereseep gemaak het, wat ’n 10-jaar oue Charlie op ’n ossewa gelaai het en saam met Boesman, die getroue ou bediende, na Mafeking geneem het om saam met ander plaasprodukte soos mielies en hoenders te verkoop - of dit dikwels te ruil vir basiese voorrade soos tee, koffie en suiker. ’n Lepeltjie suiker in die koffie was 'n groot bederf nie ’n alledaagse gebeurtenis nie! Alledaagse dienste wat ons as vanselfsprekend aanvaar het nie bestaan nie - geen posdiens in die nabye omgewing nie, geen vinnige • SENWES Scenario toegang tot nood mediese sorg nie, geen elektrisiteit nie - nee, selfs nie eens ’n kragopwekker nie! Die kinders kon hulle nie indink hoe dit sonder ’n TV of rekenaarspeletjies moes wees nie! “As ek wil hê my kinders moet die mense ken wat steeds in my gedagtes leef, dan moet ek die brûe tussen hulle bou.” Oor die jare was daar tye wanneer ek dit gewaag het om jammer vir myself te voel as dinge moeilik geraak het, soos hierdie jaar, maar ek het ’n waardevolle les by die ouer generasie geleer - ek dink ons almal het: Dit maak nie saak hoe moeilik dinge was nie, hulle was tevrede, gelukkig en soveel meer kreatief met hul tyd as wat ons deesdae blyk te wees. Almal het gehelp met die werkies wat gedoen moes word en was met oorgawe betrokke in die eindelose aktiwiteit op die plaas - tuinwerk, bottelering, inlê en bak, naaldwerkprojekte - wat baie lap- en stopwerk en verstellings aan klere ingesluit het om dit telkens weer ’n nuwe lewe te gee. Alles op die plaas was self gekweek, plaasvars, en trots tuisgemaak. “Ek alleen is die skakel tussen die generasie wat aan beide kante van my staan. Dit is my verantwoordelikheid om hulle harte saam te smelt deur liefde en respek.”