Senwes Scenario Junie / Julie 2016 | Page 44

••• HA N D E LSN U U S Gerrit gerat as Grasland se Finansiële Direkteur G errit Maritz is pas aangestel as die nuwe finansiële direkteur by Grasland. Die 28-jarige geoktrooieerde Gerrit Maritz, die nuwe Finansiële Direkteur van Grasland 42 rekenmeester het op 1 April 2016 die leisels by Thys Knoetze oorgeneem. WERKSGESKIEDENIS Nadat Gerrit sy graad by die UV in Bloemfontein voltooi het, was hy by PWC in Welkom werksaam, waar hy sy 3-jaar klerkskap voltooi het. Hy was die finansiële bestuurder by HFR Transport in Johannesburg vir twee jaar voordat hy na Klerksdorp verhuis het om as finansiële analis by Senwes aan te sluit. Vandaar het hy as finansiële direkteur by Grasland aangesluit. WIE IS GERRIT? Hy beskryf homself as ’n baie entoesiastiese mens en hou daarvan om betrokke te wees en is “oorgehaal” vir hierdie pos. Sy persoonlike filosofie stem van sy graad een juffrou by Sentraal Volkskool by Kroonstad. Hier het Fredia du Toit die ‘Ek Kan’- motto reeds onder sy vel laat inkruip, waar dit vandag nog deur hom gekoester word. Dit maak die kern uit van sy ‘Glo in jouself ’-kultuur, waarmee enigiets moontlik is. Die oorskakeling vanaf die vervoerbedryf na Grasland het tot dusver seepglad verloop vir die Theunissen-gebore Gerrit, wat te Hoërskool Bothaville gematrikuleer het. Oor die pad vorentoe is ‘Grasland en ondervinding’ sy voorland. Gerrit is sedert 18 Januarie 2014 met Melissa getroud. Hy hou daarvan om nuwe dinge te leer en in sy eie woorde is hy “lus vir die ding”.