Senwes Scenario Junie / Julie 2016 | Page 40

•••
RUBRIEK GRAANMARKVOORUITSIGTE > VERVOLG VAN BLADSY 37
Wit- en geelmielies Die NOK het met die nuutste oesskatting van 26 April 2016 die totale mielie-oes marginaal laer aangepas . Die verwagte mie lieoes staan tans op 7.054 miljoen ton , wat amper 30 % laer is as die vorige seisoen se oes . Daar sal waarskynlik in die omgewing van 1,3 miljoen ton witmielies en 2,4 miljoen ton geelmielies ingevoer moet word volgens die NAMC vraag- en aanbodverslag wat onlangs vrygestel is . Die witmielieprys het gedurende Januarie 2016 tot heelwat oor die R5 200 per ton gestyg . Bekommernis oor waar Suid-Afrika witmielies vandaan gaan kry en die verswakkende rand is van die hoofredes vir die skerp styging . Die prys vorm steeds op die vlak van die berekende invoerpariteit van Amerikaanse en Meksikaanse GM-vrye witmielies ( Grafiek 5 ).
Een van die groot onsekerhede in die mark is die beskikbaarheid en koste van witmielies wat gedurende die bemarkingsjaar ingevoer moet word . Die meegaande tabel dui die berekende invoerpariteit aan van nie-GM witmielies wat van af die VSA ingevoer kan word . Dit blyk dat plaaslike invoerders GM-vrye Amerikaanse witmielies teen R100 tot R150 hoër aanbied
Grafiek 5 . Die kontantprysbeweging van sonneblom en sojabone op die JSE .
Grafiek 5 . Die kontant prysbeweging van witmielies op Safex ( R / t )
Tabel 1 : Die berekende invoerpariteite van ingevoerde nie-GM Amerikaanse witmielies teen verskillende wisselkoerse en CBOT-pryse ( per ton )
Leweringspunt : Randfontein Skeepsvrag : $ 27 Kommoditeit : Witmielies Basis CBT na FOB ($/ t ) $ 27 Datum : 26 Mei 2016 Premie witmielies : $ 31
Wisselkoerse R /$ as wat die berekeninge op dui . Die koste verbonde aan witmielie-invoere is heelwat hoër as geelmielies omdat daar addisionele premies is wat geld . Die premie beloop tans tussen $ 40 en $ 50 per ton . Die skeepsvrag is ook hoër vanaf die Golf as die Suid-Amerikaanse geelmielies wat ingevoer word . Die verwagting bestaan dat die mielieprys redelike sterk ondersteuning gaan kry tot Januarie 2017 , wanneer daar meer sekerheid oor die nuwe seisoen mielies sal wees .
Oliesadekompleks Sonneblom en sojabone Weens die droogte wat die afgelope seisoen ervaar is , sal sonneblom en sojabone hierdie jaar ingevoer moet word . Indien dit finansieel sin maak , sal daar waarskynlik meer olie en oliekoek van die twee gewasse ingevoer word . Die prys van sonneblom en sojabone het redelik drasties gedaal sedert Januarie 2016 weens twee redes . Die eerste rede is die ver-
Premie nie-GM wit : $ 11 Prys ($/ bu )
3,50 3,60 3,80 3,90 4,00 4,10 4,20 4,30 14,00 R4 038 R4 093 R4 204 R4 259 R4 314 R4 369 R4 424 R 4 479 14,25 R4 098 R4 155 R4 267 R4 323 R4 379 R4 435 R4 491 R 4 547 14,50 R4 159 R4 216 R4 330 R4 387 R4 444 R4 501 R4 558 R4 615 14,75 R4 219 R4 277 R4 393 R4 451 R4 509 R4 567 R4 625 R4 683 15,00 R4 279 R4 338 R4 456 R4 515 R4 574 R4 633 R4 692 R4 751 15,25 R4 339 R4 399 R4 519 R4 579 R4 639 R4 699 R4 759 R4 819 15,50 R4 399 R4 460 R4 582 R4 643 R4 704 R4 765 R4 826 R4 887 sterking van die rand en tweedens is dit die normale seisoenale tendens wat gevolg word .
Op hierdie stadium vorm die prys van die twee kommoditeite op die berekende afgeleide prysvlak . Dit is waar olie en oliekoek ingevoer word en ’ n som gemaak word van wat die afgeleide prys van die twee kommoditeite behoort te wees sou daar olie of oliekoek van die twee betrokke gewasse ingevoer word . Op hierdie stadium is die prys vir beide kommoditeite in die omgewing van R6 300 per ton . Normaalweg begin beide die twee kommoditeite se pryse te herstel vanaf middel Mei jaarliks . Daar behoort redelike sterk prysondersteuning tot ongeveer einde Desember vir die twee gewasse te wees .
OPSOMMING EN GEVOLGTREKKING Die pryse van al die belangrikste grane en oliesade vorm tans in die omgewing van die berekende invoer pariteitsvlakke . Dit is weens die feit dat ons van die kommoditeite sal moet invoer as gevolg van die droogte die afgelope seisoen . Die wisselkoers speel ’ n baie groot rol in die prysvormingsproses en het die versterkende rand die pryse ’ n bietjie onder druk geplaas die afgelope week . Daar behoort redelike prysondersteuning vir al die somergewasse tot en met Desember 2016 te wees , totdat daar meer sekerheid oor die nuwe seisoen beskikbaar is . Praat met jou graanmakelaar en benut die prysvlakke betyds .
38 JUN / JUL 2016 • SENWES Scenario