Senwes Scenario Junie / Julie 2016 | Page 4

•••
REDAKTEURSBRIEF

Kameraadskap

Soms soek ’ n mens na ’ n idee , begrip of woord om produsente te omskryf . Tydens die afgelope droogtetyd was ’ n mens dikwels stomgeslaan deur produsente wat mekaar bystaan en lede van die publiek of maat - skappye wat in die bresse vir produsente tree .

Werklike kameraadskap . Maar wat is kameraadskap ? Kameraadskap is ’ n gevoel van goeie vriendskap tussen ’ n groep mense . In dié geval is dit ons produsente . Ons kan almal hiermee vereenselwig . Van kleins af word die begrip aan ons verduidelik , soos in Brakanjan en die Drie Musketiers . Die verhaal is afkomstig van ’ n 17de eeuse musketier genaamd D ’ Artagnon . Charles Ogier de Batz de Castelmore , Comte d ’ Artagnan het as kaptein van die Musketiers , Louis XIV gedien en het gedurende die Franse en Nederlandse oorlog gesneuwel . Sy lewe , hoewel fiksie , is baie interessant . Dit is hier waar die benadering van “ een vir almal en almal vir een ” ontstaan het . Stanley Kauffmann het in die New Republic daarna verwys dat die troepe in Vietnam “ mekaar het en niemand anders as net mekaar nie ”.
Ons fokus in hierdie uitgawe val op Bultfontein . Waar daar ook kameraadskap onder produsente is . In Kollig fokus ons op die voorsitter van Bultfontein Distrikslandbou , Herman Meiring , wat ook almal in ‘ n sisteem saamspan om Bultfontein te verbeter . Die gebied
speel ook ’ n groot rol in die voedselmandjie van Suid-Afrika .
Kameraadskap word ook in dié gebied gesien , met Senwes as deel van die landbougemeenskap wat voer aflewer en sisteme skep om die dreigende waterprobleme in die Bultfontein , Hoopstad en Kroonstad gebiede aan te spreek .
Opkomende produsent , Bora Monyatsi , vertel dat hy , eers nadat hy begin boer het , hierdie kameraadskap tussen produsente werklik begin verstaan het .
Met die jagseisoen op hande het ons in hierdie uitgawe twee jagrubrieke , dié van Jaco Kruger en Frans Dreyer , vir die jagentoesias binne die produsent .
Kameraadskap word ook by Senwes Equipment gekweek en ons sien dat daar vanjaar 16 tegnici onder John Deere se top 50 kandidate is . Ons verwelkom ook amptelik vir Gerrit Maritz as kameraad en nuwe finansiële direkteur by Grasland .
Luan van der Walt van die Universiteit van die Vrystaat deel met ons sy rubriek oor presisieboerdery , wat aanhaak by die rubriek van Susari , naamlik Safex Scenario ’ s , Thys Grobbelaar se Druppels op die Dak en Graanmarkvoorsuitsigte . Daar word ook aandag geskenk aan die geestelike sy met rubrieke van Willie Botha , Carel Botma , Milanie Vosloo en Jenny Matthews .
Dit is net met samewerking en werklike kameraadskap dat ons hierdie moeilike tyd te bowe kan kom en die toekoms kan aanpak . “ Een vir almal en almal vir een !”
Aubrey Kruger
REDAKTEUR hoofredakteur Marlon Abrahams Tel : 018 464 7349 marlon . abrahams @ senwes . co . za
redakteur Aubrey Kruger Tel : 018 464 7449 aubrey . kruger @ senwes . co . za
advertensies Mariëtte Hugo Tel : 018 464 7505 mariette . hugo @ senwes . co . za
ontwerp en uitleg Mercia Venter mercia . venter @ senwes . co . za
medewerkers Frans Dreyer , Thys Grobbelaar , Jaco Kruger , Jenny Matthews , Ds Carel Botma , Ds Willie Botha , Susari Geldenhuys , Juanita Greyling , Marietjie Grobler , Johan Mouton en Milanie Vosloo .
subskripsie Marie Erasmus Tel : 018 464 7568 Faks : 018 464 7772 marie . erasmus @ senwes . co . za
eienaar Senwes , Posbus 31 , Klerksdorp , 2570 Tel : 018 464 7800
drukwerk Colorpress Tel : 011 493 8622
• Alle regte van die inhoud van Senwes Scenario word voorbehou ingevolge die bepalings van Artikel 12 ( 7 ) van die Wet op Outeursreg .
• Die eienaar en uitgewer aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige uitlatings in advertensies , promosie-artikels of deur medewerkers nie .
2
JUN / JUL 2016 • SENWES Scenario