Senwes Scenario Junie / Julie 2016 | Page 35

••• HA N D E L SN UUS Lekaanvullings om die winter te oorleef L aat reëns het landswyd geval en beperkte droogteverligting gebring. Die reën was egter te laat vir die veld om volkome te herstel en voldoende voer te produseer vir die komende winter. Ruvoerreserwes in die land is oor die algemeen laag en duur as gevolg van die lang droogte en sonder ruvoer is dit moeilik om beeste en skape deur ’n droogte of winter te laat oorleef. Lekke kan gebruik word om die ruvoer se kwaliteit te verbeter of dit te rek. Dit is egter baie belangrik dat produsente moet verstaan dat lekke nie voere is nie en onder geen omstandighede ruvoer kan vervang nie. Indien daar nie ruvoer beskikbaar is nie, kan lekke – en veral ureumbevattende lekke – nie aan diere gegee word nie. Indien herkouers op laepro­ teïengras wei, is daar nie voldoen­ de proteïen vir die mikrobes in die rumen om te groei en te vermeer­ der nie en vertering van ingenome gras daal. Die gras beweeg stadiger deur die rumen, inname daal en diere begin massa verloor. Ureumbevattende onderhouds­ lekke word gegee om die verteerbaarheid van die droë weiding te verhoog en so inname van die droë weiding te stimuleer. Produksielekke bevat laer vlak- Winterlek Meng jou eie lekke en spaar Die belang van winterlekke in die instandhouding van diere se liggaamsmassa en kondisie moet nie onderskat word nie. Maak gebruik van jou eie plaasgeproduseerde produkte saam met Yara Animal Nutrition SA se produkte en beproefde resepte en bespaar hierdie winter op lekkoste. Kalori 3000 - Reg. Nr. V2809, Voergraad Ureum - Reg. Nr. V15681, Voergraad Swael - Reg. Nr. V16738, Kimtrafos 12 Grandé - Reg. Nr. V18670, PhosSure 12 - Reg. Nr. V12858. Alle produkte geregistreer onder Wet 36 van 1947. Tel: +27 31 910 5100 Web: www.yara.com/animal-nutrition E-pos: [email protected] ke van ureum, asook natuurlike proteïene en energie. Produksie­ lekke is wel duur en die inname is heelwat hoër as dié van onderhoudslekke, maar kan gebruik word om die droë weiding te rek sodat minder duur ruvoer aangekoop hoef te word. Indien geen weiding beskikbaar is nie kan enige lae kwaliteit ruvoer met ureum en ’n melasseproduk behandel word en aan diere gevoer word. Sien Senwes webtuiste vir volledige artikel of kontak ’n Yara Animal Nutrition voeding­kundige by 082 322 0333 vir aanbevelings. 33 Voorbeeld van ‘n winterlek vir beeste en skape Beeslek Skaaplek Mieliemeel/Hominy Chop Oliekoek Voergraad Ureum Kimtrafos 12 Grandé/PhosSure 12 Kalori 3000 Voergraad Swael Sout Totaal 250 150 150 50 7 350 957 250 150 100 100 50 5 350 1005 Samstelling: g/kg g/kg 475 95.6 3.8 MJ/kg 41 21 8 350 - 500 Nie gesik vir skape 367 77.5 5.25 MJ/kg 27 14 5 450 - 650 80 - 120 Ruproteïen % Vanaf NPN ME Kalsium Fosfaat Swael Inname Beeste (g/bees/dag) Inname Skape (g/skaap/dag) * Voergraad Ureum kan lei tot ureum vergiftiging indien dit onoordeelkundig gebruik word. Lees aanwysings op sak noukeurig.