Senwes Scenario Junie / Julie 2016 - Page 27

N UUS Graan SA vereer Senwes tydens vanjaar se 50-jaar NAMPO Oesdag vieringe vir hul voortreflike prestasie en voortgesette toewyding en deelname as uitstaller vir die afgelope 50 jaar. Van links is Jaco Minnaar (Graan SA: Voorsitter), Francois Strydom (Senwes: Groep Hoof Uitvoerende Beampte), Johan Grobler (Senwes: Hoof, Groep Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie) en Cobus van Coller (NAMPO Oesdag, Voorsitter). om so ‘n groot ooreenkoms met ‘n organisasie soos Astral te sluit.” Senwes Grainlink het die be­ soe­kers se koppe letterlik en fi­guur­lik laat draai met hul tiptop, innoverende tegno­logiese toepassing en die 360°-silo­skaal­ model en -video. “Vanjaar, met Grainlink se vernuwende konsep­ tuele uitstallings en aanbiedinge, was een van die mees suksesvolle jare,” sê Marietjie Grobler (Senwes Grainlink Projekbestuurder). Met besoekers wat tou gestaan het om die virtuele realiteitsbril op te sit, weet elkeen presies hoe die inname-, hantering- en uitnameproses binne ‘n silo geskied. “Dit het my laat voel soos ‘n mieliepit in ‘n silo. Ek verstaan uiteindelik die siloproses. Wow, wat ‘n wonderlike ervaring,” het Thaila du Plessis (besoeker by die Grainlink-stalletjie) opgewonde vertel. Volgens Marietjie het die inskrywings vir die weerstasie­ kompetisie omtrent vlam gevat en is daar daagliks ‘n wenner aangekondig. Senwes haal sy hoed af vir die suksesvolle NAMPO Oesdag en vier saam met Graan SA die uitsonderlike prestasies van die 50ste bestaansjaar. ••• Francois Strydom (Senwes HUB) is opgewonde oor die innoverende tegnologiese Senwes Grainlinkstalletjie. Senwes klink saam met NAMPO op 50 jaar se sukses NA AANLEIDING van die NAMPO Oesdag uitgawe van die April/Mei Senwes Scenario, is daar dieper gaan delf in die geskiedenis van NAMPO. “Dit is belangrik dat die interessante feite en fyner agtergrond oor NAMPO Oesdag en Senwes se betrokkenheid daarby aan die lig gebring word,” voer Thys Grobbelaar, Senior Graan­ analis by Senwes Grainlink, opgewonde aan. Thys word beskou as Senwes se eie geskiedkundige en het ons verseker iets geleer. Senwes was een van die eerste agt uitstallers toe NAMPO Oesdag (voorheen bekend as SAMPI) die hand aan die ploeg begin slaan het in 1967 op die plaas Donkerhoek in die Bloemfontein-distrik. Kort op die eerste Oesdag se hakke is daar in 1971 besluit om verskillende NAMPO Oesdae te hou. Daar was dus drie Oesdae in 1972-1973 in verskillende distrikte: Donkerhoek