Senwes Scenario Junie / Julie 2016 | Page 24

••• MARLON ABRAHAMS NUUS Nasie in Gesprek: Pak moeilike kwessies by Nampo NASIE IN GESPREK HET VIER DAE SE VERFILMING BY DIE NAMPO OESDAG IN BOTHAVILLE OP VRYDAG, 20 MEI 2016 AFGEHANDEL. TIEN PANEEL­BESPREKINGS OOR MOEILIKE LANDBOU­ KWESSIES IS AANGEPAK DEUR VAN DIE SEKTOR SE BESTE KUNDIGES - 35 PANEELGASTE OM PRESIES TE WEES. O p die laaste dag is ’n be­spre­king gehou oor die beeld van landbou, met paneellid Phumi Mashigo, stigterslid van Ignitive, wat voorgestel het dat ‘Voed die Nasie’ die nuwe slagspreuk vir Suid-Afrikaanse landbou moet word. Al tien die episodes is op Youtube beskikbaar en sal op verskeie TV-kanale uitgesaai word. Joe Maswanganyi, Senwes Groep Uitvoerende Direkteur in gesprek met Prof Mzukizi Qobo, Politieke Risiko Analis gedurende Nasie in Gesprek. Hulle was deel van ’n swart paneel wat die ankeraanbieder Mpumelelo Mkhabela, wat ’n voormalige redakteur van die Sowetan is, en Prince Mashele, Politieke Analis ingesluit het. 22 JUN/JUL 2016 Besoek die Nasie in Gesprekwebtuiste vir ’n volledige lys van onderwerpe en paneelgaste. Die atmosfeer gedurende die vier dae van verfilming was een van optimisme en passie, ongeag die huidige droogtetoestande en die politieke onderstrominge wat die sektor teister. Besprekings het ingesluit die sukses­stories van opkomende swart kommersiële boere, familie­ besighede, die waardeketting van die plaas tot die tafel, hoe die beeld van landbou verander, hoe om landbou aan die jeug te bemark as ’n aantreklike loopbaankeuse en waarom SuidAfrikaanse boere aktief ‘gejag’ word om verder noord in Afrika te gaan boer. Vanjaar se Nasie in Gesprek het die fokus laat val op die feit dat die besprekings beslis momentum verleen aan die boodskap van landbou, wat uitgaan na die breë publiek op meer platforms as ooit tevore. Die Nasie in Gesprek toepassing (Toep) stel mense in staat om intyds deel te neem aan die besprekings. Die Nasie in Gesprek digitale platforms het ook aansienlike hoë verkeersvloei regdeur die verrigtinge geregistreer. Konsensus is ook bereik dat transformasie nie onderhandelbaar is nie en die behoefte om genoeg voedsel vir Suid-Afrika en Afrika te produseer is as prioriteit beskou. Die kwaliteit van voedsel het na vore getree as ’n tendens, aangesien die SuidAfrikaanse verbruiker toenemend daarop aandring om te weet waar dit wat hy eet, geproduseer is. Die traagheid van die regering • SENWES Scenario om beleide te implementeer is geïdentifiseer as die hoofrede vir die vertraging in die uitrol van sekere voorgestelde hervormings­ aksies, terwyl suksesvolle inisia­ tiewe deur privaatinstansies of kommersiële boere in die hervormingsarena beskou word as die katalisator om meer produsente aan te moedig om hul eie hervormings¬programme te inisieer. Die Afrika kontinent beskik nog oor 46% van die wêreld se onbewerkte grond. Hierdie ongelooflike statistiek beteken dat die potensiaal vir Suid-Afrikaanse produsente om hul besighede na Afrika uit te brei en hul vaardighede en ondervinding met ander te deel, werklik ’n opsie is. Dit is beklemtoon deur die onthulling dat 42 Afrika-lande die Suid-Afri­kaanse landbouorganisasies al formeel genader het vir boerderybystand. Die kanniedood optimisme onder Suid-Afrikaanse boere het weereens na vore getree tydens die besprekings en die gevolgtrekking was dat produ­sen­te alle uitdagings wat die land­bousektor in die gesig staar sal aanvaar en verduur ten einde voedselsekuriteit in die land te verseker. Besoek die Nation in Conver­ sation webblad. Laai die Nation in Conversation Toep af vanaf die onderskeie Toep-winkels en sluit intyds by die gesprekke aan. Kyk al die episodes op Youtube en kyk op die webblad vir die uitsaaitye van die episodes op die verskillende televisienetwerke. Volg ook die besprekings op Twitter@nationconverse en kyk na ons gereelde plasings op ons Facebook blad en Instagram.