Senwes Scenario Junie / Julie 2016 | Page 22

••• JUANITA GREYLING HA N D E LSN U U S DJ van der Linde spog met sy 40 jaaroue planter. 2016 Vrystaat Landbou Jongboer, ‘n trotse Senwes klant “EK HET AL VAN KLEINS AF GEWEET EN GESÊ EK KOM PLAAS TOE, EK GAAN BOER! DAAR IS NÊRENS ANDERS WAAR EK WOU WEES NIE.” D ie sesde generasie Van der Linde, DJ, is op 21 April 2016 tydens die Vrystaat Landbou Jongboer glansgeleentheid by Monte Bello Landgoed in Bloemfontein as provinsiale wenner gekroon. Hier was Senwes die medehoofborg van die Vrystaat Landbou Jongboer-konferensie. DJ is gemotiveerd om in sy voorvaders se voetspore te volg en voer aan dat sy oupa, DJ van der Linde, in 1984 Mielieman van die Jaar was. “Ek wil deel wees van ’n goeie boerderygeskiedenis,” sê hy ambisieus. “Ek het nooit ge­dink dat ek die kompetisie sou wen nie. Daar is groot boere daar buite en ek sien myself nie as die top boer in die omgewing nie, maar ek probeer my bes en is trots om op 20 JUN/JUL 2016 gelyke voet met ander boerderye te kan meeding.” DJ het grootgeword op die plaas St. Helena naby Vierfontein en is tans die derde generasie op die plaas. Hy is ’n trotse boer: “Ek het alles van boerdery by my pa geleer.” DJ het B.Ed Tegnika met hoofvakke Motorvoertuigtegnologie en Pas-en-draai, aan die Noordwes Universiteit, Potchefstroomkampus, gaan studeer. “Ek het van kleins af allerhande goed gebou en met my hande gewerk, maar ook geweet dat ek gaan boer. Ek het net gaan swot om vrou te vang,” voer hy grappig aan. Hy het sy sprankelende vrou, Rianette, op universiteit ontmoet en is geseënd met twee pragtige kinders, Divan (6) en Suhanri (4). “Sonder my gesin en in besonder my vrou, sou ek nie vandag hier gesit het nie. Sy ondersteun my op elke vlak van die boerdery”. DJ het volstoom in 2012 begin boer toe hy die plaas by sy oorlede pa, DJ van der Linde, geërf het. Hy het die gemengde boerdery stelselmatig uitgebrei tot 750 ha landerye en 150 ha weiding. • SENWES Scenario Die boerderyvertakking sluit in 60% witmielies, 10% geelmielies, 25% sonneblom en 5% beeste (Simbras). Die een ding wat DJ by sy pa geleer het en dit ter harte geneem het is: “doen een ding eenmaal reg”. DJ hou daarvan om presies te weet wat in sy boerdery aangaan. “Ek is pynlik netjies in my werk.” Dit is daarom dat hy sy planttegnieke verfyn en aanplan­ tings en oeste met meer presisie begin bestuur het. DJ is ’n trotse Senwes-klant, “Ek sal altyd ’n pad saam met Senwes stap. Hulle sorg vir ons boere.” Soos die spreekwoord lui: ’n boer maak ’n plan. DJ gebruik graag die toerusting, implemente en vaardighede wat op die plaas beskikbaar is om by die verande­ rende omstandighede aan te pas. “Ek het nie die nuutste implemente, trekkers en toerusting nie, maar ek pas dit aan om steeds by die toppunt van tegnologie en die ontwikkelende bedryf te bly.” DJ het ’n dorsmasjien, ’n Nigel Plen 42, waarvan die konsep in die vroee 1930’s gedoen is, en die produksie daarvan in die sestigs. Dit