Senwes Scenario Junie / Julie 2016 | Page 20

•••
HANDELSNUUS

Riaan Botes

Riaan Botes is Senwes Equipment se werkswinkelbestuurder op Bultfontein .

hou produsente se wiele aan die rol

DIS HOE Senwes Equipment se werkswinkelbestuurder op Bultfontein , Riaan Botes , sy rol beskryf .
Botes bestempel sy afdeling as absoluut kardinaal vir ’ n produsent . Hulle is die skakel tussen die klant , tegnikus en onderdeleafdeling . “ Ons staan as ’ t ware in besigheid met die boer . Ons is eintlik sy vennoot , ons moet sy besigheid se wiele laat rol en aan die rol hou .”
Die 37-jarige Botes is uiters bekwaam met 19 jaar se ondervinding by Senwes . Hy het in 1997 as vakleerling by Bultfontein begin , waarna hy in 2001 gekwalifiseer het en aangestel is as tegnikus en kontrakteur en in 2009 die werkswinkelbestuurder geword het .
Riaan se take behels onder andere werksbeplanning , opstel van onderdele , asook gewone dagtot-dag take . Hy glo daarin om ’ n klant te behou - “ Die fokus moet op die lang termyn wees en goeie diens bring die klant keer op keer terug .” Om sy punt te staaf noem hy dat 80 % of meer onderdele deur die werkswinkel bestel word .
Hy geniet dit om met die produsente te werk . Bultfontein is die droogste gebied in Suid-Afrika en hy het juis hierdie jaar gesien hoe produsente kan saamstaan , “ Ons ken en deel mekaar se sorge en dit maak ons ’ n hegte gemeenskap ”.
Riaan is al 16 jaar met Adéle getroud en het drie kinders Ruan ( 9 ), Henry ( 6 ) en Riaan ( 2 ).
Hy is verseker uitgeknip vir die pos wat hy beklee . Hy is ’ n ekstrovert by uitstek en is ’ n selferkende “ prater ”. Hy voeg laggend by dat min mense weet dat hy baie goeie selfbeheersing aan die dag moet lê omdat hy eintlik ’ n kort humeur het .

Almal op Bultfontein ken vir Sonja

18
BULTFONTEINERS KEN vir Sonja Cloete . Sonja is al vir die afgelope 14 jaar deel van Senwes en is die junior graanverkryger by Senwes . Sy het as graanadministrasieklerk begin werk , waarna sy in 2004 tot junior graanverkryger bevorder is .
Sy glo dat gesigs waarde belangrik is . Verder stel sy regtig belang in produsente se boerderye - “ Om daar vir hulle te wees .” Sy dink Senwes voer die botoon in dié distrik . Sy
Sonja Cloete is jou junior graanverkryger op Bultfontein .
JUN / JUL 2016 • SENWES Scenario
noem dat hulle vinnig en effektief is met die diens wat hulle lewer . “ Indien die produsente in die oggend graan inry , kan ek reeds binne vyf minute vir hulle al hul vragte wys .” En omdat hulle baie goeie diens lewer is hulle alombekend . “ As iemand praat van Senwes Graanverkryging dan weet hulle presies wie hier werksaam is .” Verder noem sy dat Senwes die beste moontlike pryse gee en ’ n verskeidenheid transaksies bied . Haar betrokkenheid help dié introvert baie . Haar kos is een-toteen fokus .
Sy moet mense goed ken om lekker te kan gesels en sy “ ken hier die mense goed .” Sy sê vinnig en maklik haar sê - van haar kollegas voeg by dat die boere mal oor haar is , want sy gee vir hulle net goeie diens .
Met ’ n junior graanverkryger-
toekenning in haar kantoor is dit maklik om te sien hoekom hierdie 37-jarige so ’ n suksesvolle graanverkryger is .
Die Bloemfontein-gebore Sonja , wat op Theunissen skoolgegaan het , vertel dat sy In- en Uitvoerbestuur by die Sentrale Universiteit van Tegnologie in Bloemfontein gestudeer het en haar Nasionale Diploma in 2001 verwerf het . Met Bemarking as hoofvak het dit haar baie gehelp in haar pos , waar sy ook met in- en uitvoere werk .
Vir die Bultfonteiners is dit goed om te weet dat sy ’ n drawwer is en hou van padwedlope . In 2000 het sy al ’ n Twee Oseane Halfmarathon voltooi en in Bloemfontein ’ n 28 km wedloop .
Sonja is al vir 12 jaar met Gerrit Cloete getroud en hulle het drie kinders : Lenise ( 10 ), Lianie ( 8 ) en Lize-Mari ( 3 ).