N UUS
Bora as kind saam
met sy oupa, Andrew
Aphiri.
•••
Hier is Bora se kinders
Onthathile en Leano.
SINVOLLE BOERDERY
Die familie het hierdie jaar besluit
om slegs 80 hektaar te plant in
’n poging om die risiko wat die
droogte inhou, te verlaag. “In
retrospek besef ek nou dat ons
meer kon plant, maar op daardie
stadium was die risiko te groot.”
Hy het besluit om 45 hektaar witmielies en 35 hektaar geelmielies
te plant. Toe Senwes Scenario hom
besoek het, was hulle besig met
die maak van bale om te verkoop.
Die verkoop van die bale en die
huurinkomste wat hulle ontvang
help met hul kontantvloeisituasie
- iets waarmee die meeste boere
bekend is.
PERSONEEL
Bora het twee werknemers op sy
plaas, wat hom met alles help. Hy
vertel dat daar vyf huise op die
plaas is wat hy van die regering
huur en waarin sy werknemers
en ander mense woon. “Ek sorg
vir my personeel deur ’n huis,
elektrisiteit en water aan hulle te
voorsien. ”
FAMILIE
Die vrou in Bora se lewe is Boitumelo en hulle ken mekaar reeds
sedert hul hoërskooljare. Hulle
het twee kinders, ’n seun Onthathile (2) en ’n dogter Leano, wat 5
maande oud is. Sy gesin woon in
Mafikeng maar hy besoek hulle so
gereeld as moontlik.
SY MENTOR
Sy mentor in boerdery is Herculas
Willemse, ’n groot kommersiële
Bora Monyatsi, ’n selfversekerde
jong boer op sy plaas.
boer in die gebied. Hy sê altyd ek
moet soveel as moontlik van hom
leer terwyl hy nog hier is, wat presies is wat Bora doen.
SENWES
Hy het groot respek vir Senwes
Landboukundige, Julias Ramohlabi. “Julias is soos ’n ouer broer vir
my. Ons respekteer mekaar en hy
het baie begrip vir my situasie.”
Benewens die ondersteuning wat
hy van Julias ontvang, lewer Senwes ook ander dienste, soos die
verskaffing van lenings aan boere.
Hy is ook gelukkig dat sy plaas
slegs 3 kilometer vanaf die naaste
Senwes silo is, naamlik Raathsvlei
silo.
MOTTO
Hy glo daaraan dat ’n mens nie
bang moet wees om jouself te wees
nie. As Christen maak Bora die
stelling dat hy sterk genoeg is om
all uitdagings te aanvaar. “As ’n
mens nie so nou en dan swaarkry
nie, sal jy nie in staat wees om uitdagings te bowe te kom nie. ”
MOEILIKE TYE
Bora erken dat dinge soms moeilik
kan raak. Wanneer dit gebeur pas
hy die raad toe wat hy by ’n motiveringspreker / sielkundige gekry
het. “Nou en dan gaan ek uit veld
toe en ek skree so hard as wat ek
kan. Ek het geleer om te skree waar
niemand my kan hoor nie. Die
veld is my terapeut.”
WAT HY GELEER HET
Een ding wat hy geleer het is dat ’n
boer se werk nie klaar is wanneer
die werksdag verby is nie. Hy het
ook geleer om sy besittings op te
pas. Hy verwys hier na veediefstal,
wat sedert 2014 al vir hom ’n
probleem is. Op een stadium is 52
beeste gesteel, waarvan 27 teruggevind is. Die kudde het sedertdien
tot 37 uitgebrei.
Na twee jaar in die boerdery
lyk dit of Bora hoogtepunte en
laagtepunte beleef het, wat hom
ongetwyfeld slyp tot ’n uitstekende
boer. Mag die naam “Geskenk van
Reën" 'n aanduiding wees van wat
in die toekoms vir Bora voorlê!
SENWES Scenario • JUN/JUL 2016
15