Senwes Scenario Junie / Julie 2016 - Page 13

KOLLIG ••• Herman Meiring en sy vrou Tertia. Herman boer met onder andere beeste, skape en varke. Man wat altyd sy hulp aanbied, al benadeel hy homself.” Hulle spot dat hulle eintlik hul hele lewe lank al saam is, want hulle is immers in dieselfde hospitaal gebore, slegs vier dae uitmekaar. Hulle kroos bestaan uit Anneke, Aletia en Darien en sommer gou voeg hulle Dirk Gouws, ’n produsent van die distrik, se naam by. Hy is met Anneke getroud. “Hulle is ons kinders. Ek sê graag hier ook dankie vir my vrou en kinders. Hulle kom gewoonlik tweede met die ‘sport’ waarmee ons besig is.” DIE HELE BULTFONTEIN Naas die familie is die hele Bultfontein distrik op sy hart. Soos jy deur die Bultfontein area navraag doen, kom jy agter Herman is waarlik soos ’n pa vir die gemeenskap. Iemand wat uitkyk vir hulle. G’n wonder dat Herman, saam met nog ’n paar ander, op ’n stadium 52 projekte gelyklopend bedryf het. Onder hierdie tel die lughawe, paaie en talle ander. SAMEWERKING Herman voeg by dat ’n mens niks sonder samewerking en kommunikasie kan regkry nie. Hy glo daaraan om oral betrokke te wees. Hy was vanaf 2008 tot 2012 die voorsitter van Bultfontein Distrikslandbou en in April 2016 is hy weer tot die amp verkies. Samewerking en kommunikasie van bo tot op grondvlak sorg dat die regte seine uitgestuur word. Hy organiseer sommer vinnig ’n samekoms. Hoekom? “Een ding het ek geleer. ’n Mens praat altyd saam met mense, mens praat nie alleen nie.” WERKERS Sy deernis met die hele Bultfontein syfer ook deur na sy werkers. Na talle mense werk kom soek het, het Herman in 2015 besluit om ’n werkskeppingsprojek van die grond af te kry. Dit is ’n plaashekprojek waarby ’n hele paar werkers betrokke is. Die manne is baie gelukkig hier op Geluk en kry behuising, ’n salaris en ’n kommissiestelsel is ook van krag. Herman noem dat die projek tans, vanweë die droogte, meesal op ’n bestellingsbasis werk, alhoewel hulle besig is om reg te maak vir die mark wanneer die landbousektor weer sy kop oplig. Hy wil graag hier ook met Senwes saamwerk. Herman is al sedert 1988 as lid by Senwes betrokke en doen sy aankope deur Senwes. Die Landboudienste-afdeling doen ook kartering vir Herman. HERMAN STAAN ALTYD OP Geanker in sy geloof het Herman al donker tye in boerdery beleef, maar die gemeenskap is wonderlik hier in Bultfontein waar mense mekaar probeer help. > VERVOLG OP BLADSY 12 SENWES Scenario • JUN/JUL 2016 11 KO L L IG ••• Herman Meiring en sy vrou Tertia. Herman boer met onder andere beeste, skape en varke. Man wat altyd sy hulp aanbied, al benadeel hy homself.” Hulle spot dat hulle eintlik hul hele lewe lank al saam is, want hulle is immers in dieselfde hospitaal gebore, slegs vier dae uitmekaar. Hulle kroos bestaan uit Anneke, Aletia en Darien en sommer gou voeg hulle Dirk Gouws, ’n produsent van die distrik, se naam by. Hy is met Anneke getroud. “Hulle is ons kinders. Ek sê graag hier ook dankie vir my vrou en kinders. Hulle kom gewoonlik tweede met die ‘sport’ waarmee ons besig is.” DIE HELE BULTFONTEIN Naas die familie is die hele Bultfontein distrik op sy hart. Soos jy deur die Bultfontein area navraag doen, kom jy agter Herman is waarlik soos ’n pa vir die gemeenskap. Iemand wat uitkyk vir hulle. G’n wonder dat Herman, saam met nog ’n paar ander, op ’n stadium 52 projekte gelyklopend bedryf het. Onder hierdie tel die lughawe, paaie en talle ander. SAMEWERKING Herman voeg by dat ’n mens niks sonder samewerking en kommunikasie kan regkry nie. Hy glo daaraan om oral betrokke te wees. Hy was vanaf 2008 tot 2012 die voorsitter van Bultfontein Distrikslandbou en in April 2016 is hy weer tot die amp verkies. Samewerking en kommunikasie van bo tot op grondvlak sorg dat die regte seine uitgestuur word. Hy organiseer sommer vinnig ’n samekoms. Hoekom? “Een ding het ek geleer. ’n Mens praat altyd saam met mense, mens praat nie alleen nie.” WERKERS Sy deernis met die hele Bultfontein syfer ook deur na sy werkers. Na talle mense werk kom soek het, het Herman in 2015 besluit om ’n werkskeppingsprojek van die grond af te kry. Dit is ’n plaashekprojek waarby ’n hele paar werkers betrokke is. Die manne is baie gelukkig hier op Geluk en kry behuising, ’n salaris en ’n kommissiestelsel is ook van krag. Herman noem dat die projek tans, vanweë die droogte, meesal op ’n bestellingsbasis werk, alhoewel hulle besig is om reg te maak vir die mark wanneer die landbousektor weer sy kop oplig. Hy wil graag hier ook met Senwes saamwerk. Herman is al sedert 1988 as lid by Senwes betrokke en doen sy aankope deur Senwes. Die Landboudienste-afdeling doen ook kartering vir Herman. HERMAN STAAN ALTYD OP Geanker in sy geloof het Herman al donker tye in boerdery beleef, maar YH[YY[\\ۙ\ZšY\[[۝Z[X\Y[BYZX\ؙY\[ TQH LST[\[8(SҕS MLB