Senwes Scenario Junie / Julie 2016 | Page 11

Bultfontein bult sy spiere > VERVOLG VAN BLADSY 7
AREAFOKUS
Die NG Moedergemeente by Bultfontein .
•••
PEKANNEUTE Daar word selfs pekanneute in die omgewing verbou met ’ n addisionele 5 000 hektaar wat in die volgende vyf jaar beplan word .
KERKE Kerke is daar in oorvloed op die dorp . Dit sluit in die NG Moederkerk , NG Bultfontein- Oos , Gereformeerde Kerk asook ’ n paar Charismatiese kerke in die omgewing .
’ n Ander ou gebou is die landdros kantore in die dorp wat in 1951 opgerig is en deur die oud-minister van Justisie , CR Swart , in gebruik geneem is .
BULTFONTEIN SILO Die silo word bestuur deur Ina Strauss wat een van slegs vier vroulike silobestuurders in die Senwes stal is . Sy is in beheer van 17 personeellede by Bultfontein silo .
Bultfontein is een van Senwes se grootste silo ’ s , met Wesselsbron , Bothaville en Viljoenskroon die ander grotes . Die silo was die groot ste silo in die Suidelike Halfrond toe dit in 1964 opgerig is .
Daar is nou 111 buise in totaal . Dié Keeve Steyn Silo het 99 buise ( 60 ronde en 39 sterbuise ) en die nuwe silo het 12 ronde buise . Die silo is reeds in 1964 gebou en die nuwe silo is in 1982 bygevoeg .
Die Keeve Steyn silo is ook die grootste in die Senwes-stal , met Kroonstad , Theunissen en Wesselsbron 234 die ander Keeve Steyn silo ’ s by Senwes . Daar word hoofsaaklik mielies , sonneblom en koring ontvang en hoewel spoorvervoer te sprake is , is dit maar minimaal .
Strauss vertel dat die silo ’ s 97 % tot 98 % vol was oor die
laaste twee seisoene en by tye het hulle al tussen 3000 en 5000 ton graan per dag ontvang . ’ n Ander uniekheid is dat daar 24 uur per dag water uitgepomp word vanweë die feit dat Bultfontein silo op ’ n watertafel geleë is .
Van silo ’ s gepraat - die impak van landbou op die area is duidelik . Soveel so dat daar elke 10 kilometer vanaf Bultfontein na Wesselsbron ’ n silo geleë is , naamlik by Bultfontein , Protespan , Willemsrus , Tierfontein en Wesselsbron .
SENWES VILLAGE HINTERLAND TAK Gerhard van der Ryst is die takbestuurder by die Senwes Village Hinterland tak in Bultfontein . Hy is hier in beheer van 55 personeellede .
Die Senwes Village Hinterland tak in Bultfontein is al amper 26 jaar oud nadat dit op 9 November 1990 geopen is . Dit is op die ou sportgronde van die dorp aan die noordekant geleë . Daar is in die 1920 ’ s ’ n graanstoor opgerig en die stigterslede was bekendes soos
Gereformeerde Kerk Bultfontein .
die Calitze , Cronje ’ s , Coetzee ’ s sowel as die Bredenkamps , wie se name onder andere opgeteken is . In 1939 is daar ’ n meganisasietak geopen en in daardie selfde jaar is ’ n nuwe graanstoor opgerig . Uit die meganisasietak het ’ n handelstak gevloei .
Soveel mense het oor die jare bydraes tot die groei van Bultfontein gelewer . Soos Meiring dit stel : “ Elkeen het al ’ n steen hier gelê .” Talle projekte word steeds geloods om die dorp op te gra deer met die oog ook op die 150 jaar vieringe in 2024 . Hou aan om jou spiere te bult , Bultfontein !
SENWES Scenario • JUN / JUL 2016
9