Senwes Scenario Junie / Julie 2015 | Page 9

HO O F ST O R IE van Zyl (Groep Uitvoerende Bestuurder: Innovasie en Geïntegreerde Oplossings, Senwes) en Kobus Steenekamp (Besigheidsbestuurder: Monsanto Suid-Afrika) • Begin om tegnologie te aanvaar of jy gaan agterbly. • Jou trekker sal binnekort in staat wees om met jou stroper kontak te maak en outomaties in te haak en saam sal hulle jou lande kan stroop sonder ‘n bestuurder in die kajuit. • Onbemande lugtuie sal ‘n werklikheid wees en sal in staat wees om ‘n intydse aanlyn ontleding te doen van jou lande, jou lyndrade, lewende hawe, ensovoorts. • Senwes het ’n deurlopende eenstop-platform ontwikkel om data saam te stel en te assesseer. Hierdie data word dan gefiltreer voordat dit beskikbaar gestel word aan die produsent, om sodoende die bestuur van sy besigheid te verbeter. • Die verbruiker sal bepaal wat en hoeveel die produsent produseer. Die Nasie in Gesprek sessies is gekenmerk deur volle bywoning en gretige besigtiging van die opnames op die vele buitelugskerms wat by Nampo te siene was. Kommentaar in die media gedurende die verfilming, het die baanbrekersaard van die Nasie in Gesprek Platform weerspieël. Die Mail & Guardian het byvoorbeeld aangevoer dat die dialoog ‘n nuwe koers vir verandering in die landbou aan die gang gesit het. Een ding kan nie betwyfel word nie en dit is dat die Nasie in Gesprek inisiatief wat in 2013 deur Senwes van stapel gestuur is, in 2015 mondig geword het, en dat ore en oë wat saak maak, daarna kyk en luister. Senwes