Senwes Scenario Junie / Julie 2015 | Page 7

HO O F ST O R IE Theo Vorster, was die gasheer tydens Nasie in Gesprek en het die besprekings uitstekend gefasiliteer, waar paneellede insiggewende bydraes oor die onderskeie onderwerpe kon maak. Op dag 1 het die paneellede Minister Senzeni Zokwana, Francois Strydom (Besturende Direkteur, Senwes), Mulco Manyama (Belanghebbende Verhoudingsdirekteur, AFGRI), Victor Mongoato (Vise-voorsitter, Graan SA). Max du Preez (Politieke Analis en -Skrywer), Philip Retief (Hoof Uitvoerende Beampte van Van Loveren / Four Cousins), Louw Steytler ••• (Voorsitter, Graan SA), Nosey Pieterse (Algemene Sekretaris, BAWUSA), Hans van der Merwe (Uitvoerende Direkteur, Agri SA) en Mpumelelo Mkhabela (Redakteur, Sowetan) ingesluit. Hierdie groep het besprekings gehou rondom arbeidsverhoudinge. Die Nasie in Gesprek formaat het bestaan uit twee lewendige opnames, een in Engels en een in Afrikaans. Die programme word op KykNet en Business Day TV uitgesaai. Besoek Nasie in Gesprek se webtuiste (www. nasieingesprek.co.za) vir die spesifieke uitsaaitye en –kanale. Ander kerntemas wat uit die besprekings vorendag gekom het, is: • Boere behoort vakbonde te sien as arbeidsvennote en nie die opposisie nie. • Plaaswerkers moet gesien word as personeel en SENWES Scenario • June/July 2015 5