•••
HO OF STOR I E
NASIE IN GESPRE K IS ‘N BESPREKINGSPLATVORM
WAT ONDER LEIDING VAN SENWES, SAAM
MET VENNOTE, GELOODS IS VIR LEIERS
VANUIT VERSKILLENDE AFFILIASIES, POLITIEKE
AGTERGRONDE EN BESIGHEIDSEKTORE.
H
ierdie verskillende
denkrigtings word
dan saam gegooi ten einde
landbousake van nasionale
belang te bespreek en te
debatteer. Vanjaar is daar
weer ‘n reeks besprekings
by Nampo verfilm en na
verwagting het die kwaliteit na
‘n volgende vlak gestyg. Een
van die hoogtepunte was toe
die Minister van Landbou,
Senzeni Zokwana, op die eerste
dag by die paneel aangesluit het
om arbeidsverhoudinge in die
landbousektor te bespreek.
Dit is die eerste Minister
van Landbou sedert 2004 wat
die Nampo Oesdag bywoon.
Hopelik kan sy bywoning as ‘n
aanknopingspunt gebruik word
om oplossings vir die uitdagings
in die landbousektor deur
middel van dialoog te vind.
Nog ‘n eerste vir Nampo en
Nasie in Gesprek was vanjaar se
4
deelname van hoofstroom media
soos die Sowetan, City Press en
die Mail & Guardian. Tydens die
besprekings by Nasie in Gesprek
was daar algemene konsensus
onder paneellede oor die groter
rol wat die media moet speel om
goeienuusstories in die landbou
tot ‘n groter mate te promoveer.
Verbruikers van agri-produkte
moet beter opgelei word oor die
belangrikheid van landbou as
‘n bron van voedselsekuriteit.
Daar was ‘n atmosfeer van
welwillendheid en ‘n besonderse
gevoel van samehorigheid
onder die paneellede en dit was
duidelik dat dialoog inderdaad
die oplossing vir die kwessies wat
op die landboutafel lê, is. Dit is
ook duidelik dat almal saamstem
oor die interafhanklikheid van
rolspelers en dat landbou een
van die hoekstene van ‘n gesonde
ekonomie en welvarende nasie is.
Nampo organiseerders, Graan
June/July 2015 • SENWES Scenario
SA, het na die Nasie in Gesprek
opname oor arbeidsverhoudinge
‘n persverklaring uitgereik
waarin hulle dit duidelik maak
dat die organisasie by uitstek
ten gunste van transformasie
is. Die verklaring verwerp egter
die regering se 50-50 voorstel of
grondplafonvoorstelle. Jannie
de Villiers, Hoof Uitvoerende
Beampte, Gaan SA,
het gesê swart sowel as
wit graanprodusente
is ten gunste van
grondhervorming
in die Nasionale
Ontwikkelingsprogram
– 20% grond teen 2030 op ‘n
distriksbasis – en dat Graan
SA ‘n bydrae moet lewer om te
verseker dit word ‘n realiteit.
Die kwessies wat oor die vier
dae by Nasie in Gesprek bespreek
is het die volgende ingesluit:
Dag 1: Arbeidsverhoudinge;
Dag 2: Grondhervorming en
Finansieringsmodelle; Dag
3: Hulpbronne en Dag 4:
Tegnologiese Integrasie. Senwes
was die hoofborg, ondersteun
deur mede-borge Engen,
John Deere en Monsanto.
Besoekers het in hul
duisende gekom om die 650
uitstallings van plaaslike en
internasionale rolspelers in die
agri-waardeketting te geniet.
Die Hinterland stalletjie in
besonder was ‘n miernes van
bedrywighede. Die Grainlink
stalletjie het op sy beurt die
produsent bloot gestel aan
sy innoverende Basislink
graanverhandelingsmodel.
Internasionale uitstallings het
agri-produkte en toepassings
van lande soos Argentinië, VSA,
Frankryk, Italië, Israel, Brasilië,
Duitsland, Turkye, Denemarke,
Sjina, Kanada en Indië ingesluit.
Die bekende ekonoom,