Senwes Scenario Junie / Julie 2015 | Page 57

••• RUB RIE K FOTO: LEEF GOD DINK ANDERS AS ONS. EN MISKIEN IS JUIS DÍT … GENÁDE! MILANIE VOSLOO DIE BYBEL IS VOL BOERDERY-VERHALE WAARIN DIE WÊRELD VAN LANDBOU, PLANT- EN OESTYD EN DIE DAG-TOT-DAG GEBEURE OP DIE PLAAS, GEBRUIK WORD AS VOORBEELDE VAN DIE LEWE. EN TELKEMALE VERTEL HIERDIE GELYKENISSE VIR ONS DAT DIE HERE OP ʼn VREEMDE – MAAR GENADIGE – MANIER MET MENSE SE HARTE BOER. I n Jesus se landbougelykenisse, leer ons opnuut so baie van ons Vader se God-van-liefde wees. Van sy geduld met ons. Sy almalinsluitende wese. Van sy oorvloedige genade. Dink nou maar aan die gelykenis waar die plaasarbeiders wat agt ure gewerk het dieselfde loon ontvang as die wat eers aan die einde van die dag ingeval het. In ons menslike terme maak dit nie sin nie. Tog beloon God mense ánders. Want Hy dink ánders oor genade. Sy onverdiende genade gee aan almal ‘n kans om die ewigheid te geniet – ook aan dié wat, volgens ons norme, dit nie verdien nie. En dan lees ons die verhaal waar God nie die onkruid in die koringland wil uittrek nie omdat Hy nie die risiko wil neem om die koring saam met die onkruid weg te gooi nie. Duidelik wil ons Vader alles doen om te verhoed dat selfs net één van sy koringare per ongeluk verlore gaan. Sy genade pleit vir elkeen van ons ... selfs wanneer dit nie sin maak nie. Dis nie altyd ewe maklik om ons Vader se manier van doen te aanvaar nie. Wanneer Hy sy oorvloedige genade so ruimskoots aan mense uitdeel wat dit volgens ons nie behoort te ontvang nie, is dit menslik om Hom te bevraagteken. Wanneer dit egter ek en jy is wat genade nodig het, dink ons heeltemal anders. Dan is ons maar te verlig dat ons – ondanks onsself en ons swakhede – ook tweede kanse kry. Miskien moet ons juis daarom dankbaar wees oor ons Vader se ánder soort liefde-gee. Oor sy, soms onverstaanbare, wyse van goedheid uitdeel. En dalk kan ek en jy – wat self soms koring- en ander kere onkruidmense is – maar net elke dag met bid: Here, dankie dat U juis anders as ek dink en doen. Dat U op ‘n dieper, groter ... hemelse manier genade uitdeel: ook aan my. Help my om daagliks iets van u goedheid-hart ook aan ander aan te gee. Ja, wys my hoe ek – tussen my lande – ook met genade kan boer. WEN Milanie Vosloo ken die hart van ’n vrou. En sy bid saam met vroue oor die dinge diep in elke vrou se hart. Sielsgedagtes bestaan uit 100 besondere en opregte gebede. Milanie bid saam met vroue oor elke-dagse dinge, soos: · wanneer jy nie opgewasse voel vir iets nie · wanneer jy jammer voel vir jouself · wanneer jy eensaam is · wanneer jou hart van vreugde borrel · wanneer jy vir God wil sê jy het Hom lief Elke gebed word ondersteun met teksverse en ’n kort, bemoedigende boodskap. Die gebedeboek word afgerond met ’n onderwerpregister. Sielsgedagtes sal vroue weer laat besef wat dit beteken om eerlik met God te praat oor die begeertes, seer en vreugdes in hul hart. Een gelukkige leser kan ‘n kopie van Sielsgedagtes wen. Sms Senwes, Cum, jou naam, telefoonnommer en e-posadres na 31022 voor 31 Julie 2015. SENWES Scenario • June/July 2015 55