Senwes Scenario Junie / Julie 2015 | Page 56

••• T UIN M AAK WENKE & WINSKOPE DIE JAAR WORD RYP IN GOUE AKKERBLARE, IN WINGERD WAT VERBRUIN. EN WITTER LUG WAT DAGLANK VAN DIE NUWE WIND EN KLARE SON DEURSPOEL WORD. ELKE BLOM WORD VRUG, TOT SELFS DIE TRAAGSTES. EN DIE EERSTE BLARE VAL SO STILWEG IN DIE ROOK-VAAL BOS EN LAAN. DAT DIE TAKKE VAN DIE LANG POPULIERE AL TEEN ELKE LIGTE MORE WITTER STAAN… VAN WYK LOUW 1988. 54 June/July 2015 • SENWES Scenario T yd om te dink aan die komende winter en voorsiening te maak teen die moontlikheid van ryp. Frostcovers en Frostbags kan nou baie skade voorkom. Beskerm jou plante se wortels met ‘n dik deklaag van strooi of boombas, en onthou dat dit vir die volgende paar maande waarskynlik nie gaan reën nie so spuit weekliks jou tuin goed nat. Dien ook gedurende die seisoen gereeld vloeibare plantvoeding toe. Protek se Guanosol is ‘n 100% organiese produk wat stadigvrystellend is, en Guanoflo - die vloeibare alternatief hiervoor - kan maklik met die Protek Mixnozzle toegedien word. Die Mixnozzle kan maklik verstel word om die korrekte verdunning te verseker. ‘n Fyn spinnerakagtige web op die agterkant van struike se blare dui op die teenwoordigheid van Rooispinmyt. Hierdie myte voed op plantsappe en laat die plant se blare verkleur na silwer, grys en bruin, waarna dit afval. Beheer rooispinmyt met Protek se Milbeknock 1% EC Wenke vir jou komposhoop: Maak seker die komposhoop is toegemaak in nat weer. Te veel vog in die komposhoop vul die noodsaaklike lugspasies in die komposhoop, en verander die komposproses, wat die eindproduk minder wenslik maak. Droë blare kan baie lank gestoor word. Versamel dit in sakke en voeg dit by die komposhoop soos die kompos gebruik word. Vermy om immergroen takke en dennenaalde by jou kompos te voeg. Onthou dit verrot nie maklik nie en moet eers fyngekap word as jy dit vir kompos wil gebruik. Vlieë en slegte reuke is ‘n aanduiding dat daar fout met die kompos is. Dit dui dikwels op te veel vog. Kombuisafval soos vrugte en groente, teesakkies, gemaalde koffie en eierdoppe kan alles gebruik word, maar vermy diereprodukte en gekookte kos. Gee jou komposhoop ‘n voorspong met een van verskeie kompos aktiveerders op die mark. Voeg dit by soos aangedui op die aanwysings by die produk. Verseker optimale groei vir alles van huisplante tot grasperke, met die gebruik van Margaret Roberts Organic Supercharger.